Hulp vir dié onder kwarantyn gesoek
Die hoof van primêre gesondheidsorg in die Keetmanshoop-distrik, me. Rauna Namukwambi, het ’n beroep op die gemeenskap gedoen vir hulp aan families van mense wat onder kwarantyn geplaas is uit vrees dat hulle moontlik aan Kongokoors blootgestel is.
Tydens 'n vergadering van gesondheidsbeamptes op die dorp het Namukwambi gesê 36 mense is onder kwarantyn geplaas waarvan sommige die broodwinners van hul families is. Sy het 'n beroep op die //Kharas-gemeenskap gedoen om die families met toegang tot verskeie hulpbronne te help.
"Mense wat moontlik Kongokoors het, is onder kwarantyn geplaas en kan daarom nie hul families versorg nie," het sy gesê. Uit die 36 mense loop agt ’n hoë risiko vir dié siekte.
Van die mense het kontak gehad met die 37-jarige man van Keetmanshoop wat Dinsdag aan die siekte dood is. Hy is deur 'n bosluis gebyt terwyl hy besig was om 'n buurman met die slag van 'n koei te help.
Gesondheidsbeamptes en verteenwoordigers van die ||Kharas-streeksraad vergader môre om die uitbreking van die siekte verder te bespreek. Volgens riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) word een bevestigde geval van Kongokoors as 'n uitbreking geklassifiseer.
Simptome van Kongokoors sluit ’n skielike hoë koors, kopseer, rugpyn, gewrigpyn, maagpyn, lighoofdigheid, ’n stywe nek, ’n uitslag en kneusing in.
Die slagoffer was in kontak met iemand wat óf soortgelyke simptome ervaar het, óf diere wat met bosluise besmet is of deur ’n bosluis gebyt is.
Nog simptome sluit naarheid en braking, ’n seer keel, skielike gemoedswisselings en verwarring in. Die siekte kan opgedoen word deur ’n bosluisbyt of die hantering van bosluise, of deur direkte kontak met besmette dierebloed en organe, wat die slag van diere insluit wat bosluise op hulle het.
Dit kan ook oorgedra word deur die hantering van besmette linne, beddegoed of die gebruik van besmette mediese toerusting en voorraad; direkte fisieke kontak met liggaamsvloeistowwe of die bloed van iemand met die siekte, sowel as direkte kontak met die liggaam van iemand wat aan die siekte gesterf het. Mense wat bogenoemde simptome ná ’n bosluisbyt ervaar, word versoek om met die naaste kliniek of hospitaal in verbinding te tree. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie