Hulp vir Gibeon se kwesbares
Die Duitse ambassade ondersteun die Nama Genocide 1904-1908 Development Trust met die verspreiding van kospakkies op Gibeon in die Hardapstreek.
Hulle is ook besig om ’n sopkombuis vir die mees kwesbare mense van die dorp op te rig.
Me. Annarine Jacobs, die projekkoördineerder en dr. Andreas Götze, die adjunkhoof van die diplomatieke sending van die Duitse ambassade, het die ooreenkoms onderteken waar N$175 000 onmiddellik beskikbaar gestel is om die koskrisis op die dorp te verlig.
Die mees kwesbare mense wat weerlose vroue en jeug, enkelma’s, siek en bejaardes, asook wees- en kwesbare kinders insluit, sal kospakkies ontvang.
Die pakkies sluit onder meer mieliemeel, pasta, rys, suiker, olie en toiletware in.
Die sopkombuis is die eerste van sy soort op Gibeon en sal baie mense se enigste maaltyd per dag wees.
Die trust is in September 2020 op Gibeon gestig. Die organisasie fokus hoofsaaklik op die Nama-gemeenskap. Hulle bemagtig die gemeenskap en lei hulle op in sake van kommer soos kultuur, tradisies en hul eie taal.
Die trust se doel is om projekte te identifiseer waardeur gemeenskapslede maatskaplike kwessies kan takel, soos onder meer ongelykheid, werkloosheid en armoede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie