Hulp vir Julian
Julian Rittmann is sover bekend die enigste kind in Namibië met Denys Drash-sindroom. Albei dié dapper seun se niere is in Desember verlede jaar wees abnormale nierfunksie verwyder. Sedert September verlede jaar moet Julian dialise ontvang en reis hy en sy pa drie keer per week tussen Windhoek en Rehoboth na die nier- en dialisesentrum in Windhoek.
Hy is op 18 maande deur 'n plaaslike pediater met nefrotiese sindroom gediagnoseer en sy vele reise na Kaapstad het begin toe hy na 'n spesialis by die Vincent Pallotti-hospitaal verwys is.
Ná 'n nierbiopsie by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad, is Julian met Denys Drash-sindroom gediagnoseer.
Julian word intussen voorberei vir 'n nieroorplanting en in die lig hiervan is die Julian Rittmann-trustfonds (reg.nr. 344/2007) geregistreer om die koste hiervan te dek.
Skenkings kan gemaak word in die volgende rekening: Bank Windhoek, Rehoboth-takno: 486572, rekno: 8004483342.
Intussen word 'n spesiale skemerkelkie en ete op Vrydag 20 Oktober by die Safari-hotel aangebied om geld vir die fonds in te samel. Kaartjies kos N$400 per persoon en die Swingers-dansorkes en Jimmy Newmann sal vir die musiek sorg. Drag is deftig-informeel en die spesiale aand skop om 18:00 af. Vir meer inligting oor Julian se fonds en die etekaartjies, kan me. Erica Dien by 081 129 1154 geskakel word. Julian se ma, me. Agnes de Waldt, kan by [email protected] gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie