Hulp vir woestynperde

Elvira Hattingh
Desert Air se besturende direkteur, mnr. Thys Rall, het gister laat weet daar is weer hulp vir die uitgehongerde woestynperde naby Aus op pad.

“Ons het gevoel ons moet iets doen om hierdie nasionale bate te beskerm,” het hy laat weet en foto’s gestuur wat wys hoe voer vir die woestynperde gevat word.

“Die vervoer van grasbale is deur Willie du Toit van FP du Toit Transport geborg en hulle vat reeds vanmiddag (Woensdag) die langpad Aus toe.

“Sowat 72 grasbale is deur Piet Marais van die plaas Teufelsschlucht tussen Windhoek en Okahandja aan ons teen minder as die helfte van die normale prys verskaf.

“Ilse de Wet van Mariental het ingestem om die projek vir ons te administreer,” het Rall geskryf.

Bydraes vir die projek kan gedeponeer word in die volgende rekening: Ilse de Wet, FNB Mariental, takkode 280471, rekeningnommer 622 3192 0514. Die verwysing “woestynperde” kan gebruik word. De Wet kan ook by [email protected] gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!