Hulpfonds vir droogte
Hulpfonds vir droogte

Hulpfonds vir droogte

Dani Booysen
Namibiërs hoop die noodvergadering wat georganiseerde landbou met die regering versoek het, geskied gou en lewer positiewe uitslae.

Die komponente van hierdie ontvouende krisis sluit ‘n hernude droogte in, die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika en drasties verswakkende vleispryse.

Selfs al kom daar laat reën, gaan dit nie noodwendig ‘n krisis afweer nie.

Republikein het groot reaksie ontvang op ‘n onlangse berig oor bystand aan mnr. Bertie Marais, ‘n boer in die Aroab-omgewing. Mnr. Botha Hayward van Aranos, van wie ons op gister se voorblad vertel het, het dieselfde dag reeds hulp van ‘n weldoener ontvang.

Uit landboukringe word verneem van ‘n plan om die verskeie noodlenigingsfondse wat reeds wortel geskiet het onder die aanvoering van die Namibië Landbou-unie (NLU) te konsolideer. Die NLU beskik reeds ook ‘n rampfonds.

Saamstaan in tye van nood maak sin en is beter as gefragmenteerde inisiatiewe waarin een rolspeler nie weet wat die ander doen nie. Samewerking sal duplisering uitskakel en ook verseker dat die dringendheid van behoeftes en ander merietefaktore in ag geneem word.

Ons het beslis nie mense nodig wat selfs onder die vaandel van droogtehulp ander sal probeer inloop nie.

Republikein staan gereed om te help waar ons kan met die bevordering van die werk van ‘n droogtefonds wat oral kan help waar dit nodig is.

So sê ander

28 Januarie 2019

Robert Mugabe’s Long Shadow

Reviving a country from the devastation and plunder of a dictator is a daunting challenge for the best intentioned of leaders. Whether it’s possible at all if the successor is a close comrade of the fallen despot is an open question.

The economic challenges before Zimbabwe are enormous: vast debts, a battered infrastructure, hyperinflation, soaring unemployment.

It is far from clear whether Mr. Mnangagwa or ZANU-PF are up to the challenge. But if they have any hope of surviving in office or lifting Zimbabwe out of the mess they helped create under Mr. Mugabe, the time to start is now, by immediately reining in the security forces and opening the dialogue Mr. Mnangagwa has pledged with the opposition and civil society.

The United States and other potential donors could create an incentive by preparing a major package of assistance once the Zimbabwe government shows it is really committed to change.

• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!