Hulpkreet vir geestesiekes

Forensiese psigiatriese dienste is ook net by die Windhoek Sentrale hospitaal beskikbaar wat oor ’n bedkapasiteit van 75 vir mans en slegs vyf vir vroue beskik.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Meer as 88 000 mense is oor ’n tydperk van vier jaar by die psigiatriese afdelings van Namibië se enigste twee verwysingshospitale in die land behandel.

Buitepasiënte wat by die Windhoek Sentrale hospitaal en die staatshospitaal op Oshakati vir psigiatriese versteurings behandel is, het van 8 681 in 2012 tot 11 535 verlede jaar opgeskiet, ’n totaal van 50 503 vir die vier jaar. Oor dieselfde tydperk is 37 580 pasiënte met ’n psigiatriese diagnose in die betrokke hospitale opgeneem.

Dié skoksyfers sluit nie die toenemende aantal Namibiërs met geestesiektes in wat nooit by ’n hospitaal om hulp aanklop, of die wat dit aanmeld, maar weens ’n gebrek aan vaardige gesondheidslui nie as geestesongesteld gediagnoseer kan word nie.

Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste beskik die Windhoek Sentrale hospitaal se psigiatriese afdeling oor 140 beddens en dié van die staatshospitaal op Oshakati oor 99 beddens. Maar, sê me. Juliet Kavetuna, tot 200 pasiënte word met tye hier opgeneem.

Volgens Kavetuna is die bedkapasiteit vir waarneming by die Sentrale hospitaal net 16.

Forensiese psigiatriese dienste is ook net by die Sentrale hospitaal beskikbaar wat oor ’n bedkapasiteit van 75 vir mans en slegs vyf vir vroue beskik. Ook sê Kavetuna is daar nie genoeg beddens beskikbaar vir alle pasiënte wat in opdrag van die president as pasiënte van die staat verklaar is nie. Huidig word sowat 70 van dié pasiënte weens ’n gebrek aan geriewe by korrektiewe fasiliteite gehuisves.

“Deur die bogenoemde statistieke met die beskikbare geriewe te vergelyk, is dit duidelik dat die huidige kapasiteit nie aan die behoeftes voldoen nie. Baie pasiënte moet ook honderde kilometer ver tot by ’n dienspunt reis,” het Kavetuna gesê.

In die lig hiervan het die ministerie ’n bloudruk ontwikkel wat teen 2023 die vestiging van vier psigiatriese hospitale oral oor die land in die vooruitsig stel. Ook moet elke distrikshospitaal teen dan ’n psigiatriese afdeling hê wat op pasiënte met geestessiektes fokus.

Kavetuna het voorts verwys na ’n gesondheidsopname wat in 2013 onder graad 7- tot 12-leerlinge in 51 skole uitgevoer is. Sowat 26% van die leerlinge het oor ’n tydperk van ’n jaar een of meer kere selfmoord probeer pleeg.

Die hoogste voorkoms van leerlinge wat probeer selfmoord pleeg het, was in die ouderdomsgroep 13 tot 15 jaar (40,2%) gevolg deur die 34,3% in die ouderdomsgroep 16 tot 17 jaar.

Sowat 15% van die leerlinge het oor ’n jaar die meeste van die tyd of altyd eensaam gevoel, waarvan die grootste persentasie jong meisies is.

Meer as 15% van die leerlinge was ook die meeste van die tyd bekommerd oor iets, soveel so dat in hulle nie snags kon slaap nie.

“Dit is duidelik ’n hulpkreet en ’n oproep tot aksie vir elkeen wat die welstand van die toekoms van hierdie land ter harte neem,” het Kavetuna gemaan.

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007