Human en Gaoseb korrel sekuur vir nasionale titels
Die Namibiese Boogskietvereniging sien reeds 'n opbrengs op sy landwye skoleprogram (NASP) wat onlangs in die hoofstad byeen was.
Die Nasionale Boogskietprogram in Skole (NASP) het vandeesmaand sy vierde nasionale kompetisie by Windhoek Gimnasium aangebied, waar net die voorste agt junior en senior meisies en seuns kon deelneem.
Elke skutter het aan drie kolskootrondes deelgeneem, wat deur twee rondes van korrelwerk na diere-teikens gevolg is.
Leonise Human van Gobabis Gimnasium en Delron Gaoseb van die Community Hope School is as die nasionale senior kampioene vir die dag bekroon.
Burton Weakley (Privaatskool Moria) en Innocent Tsuses (Community Hope) is onderskeidelik as die nasionale junior seuns- en meisiekampioen vereer.
Community Hope was die topskool, gevolg deur Gobabis Gimnasium en Privaatskool Moria van Outjo (derde). 'n Uitsonderlike prestasie is deur Willem Lottering gelewer wat 'n nuwe rekord van 294 punte uit 300 in die diereronde behaal het.
NASP het al die helpende hande bedank.
“Baie dankie aan Securitas vir die gazebo's en al die gewillige hande wat die kompetisie moontlik gemaak het. Dankie aan die ouers wat hul kinders van oral in die land vervoer het sodat ons 'n volle dag se byeenkoms kon kanbied. Baie dankie en geluk aan ons skutters; julle was fantasties,” het NASP gesê.
Die individuele uitslae was:
Junior seuns: 1 Burton Weakley (Privaatskool Moria), 2 Nicholis Roux (Berg-Op Akademie), 3 Nathan Volek (Windhoek Gimnasium).
Junior meisies: 1 Innocent Tsuses (Community Hope), 2 Cari Holtzhausen (PS Moria), 3 Ashandi Nowases (Community Hope).
Senior seuns: 1 Willem Lottering (Gobabis Gimnasium), 2 Denzel Nanub (Community Hope), 3 Wian Lottering (Gobabis Gimnasium).
Senior meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gimnasium), 2 Elsjen Wilders (Windhoek Gimnasium), 3 Penny Campbell (PS Elnatan).
Junior spankompetisie: 1 Privaatskool Moria (Cari Holtzhausen, Du Rand Louw, Henning Pienaar en Burton Weakley); Community Hope (Innocent Tsuses, Aurelio Gariseb, Ashandi Nowases en Fedaliz Basson); 3 St. Paul's College (Jasmine Rennie, Kyril Nghishekwa, Christiaan van der Westhuizen en Hayley Stainton).
Senior spankompetisie: 1 Gobabis Gimnasium (Willem Lottering, Wian Lottering, Leonise Human en Edward Kesslau); 2 Community Hope (Delron Gaoseb, Denzel Nanub, Anderson Naimab en Angela Martin); 3 Windhoek Gimnasium (Mybri Schoonbee, Elsjen Wilders, Nathan Volek en Shauwn Hattingh).
Die meisie en seun wat die beste vordering getoon het, was Jomari Campbelle van Privaatskool Elnatan en Conrad van der Merwe van Walvisbaai Privaat Hoërskool.
Die beste klubspan was die Central Elite-boogskietklub wat deur Alexander Abrahams, Thomas Blaauw, Keanu Klose en Suné Visser verteenwoordig is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie