Humeure vlam op oor nuwe naam vir lughawe
Humeure vlam op oor nuwe naam vir lughawe

Humeure vlam op oor nuwe naam vir lughawe

Humeure het Maandag opgevlam op ’n openbare vergadering oor die beoogde naamsverandering van die Kaapstad Internasionale Lughawe.

Lede van die publiek is na die lughawe genooi om hul mening oor die naamsverandering met die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) te deel.

Lede van die EFF wou die ontslape struggle-veteraan Winnie Madikizela-Mandela vereer, terwyl die Khoi-gemeenskap ten gunste daarvan is om die lughawe na Krotoa, ’n historiese Khoi-figuur, te noem.

Die vergadering is egter vinnig in chaos gedompel, veral nadat Ebrahiem Davids van die omstrede organisasie Gatvol Capetonians gesê het “Winnie Mandela was nooit deel van die land nie”.

EFF-lede het toe die vergadering oorgeneem.

“Ons sal nie toelaat dat enigiemand ons verdeel nie. Ons is almal hier as gevolg van Winnie Nomzamo Madikizela-Mandela,” het een lid geskree, wat met applous verwelkom is.

Sadia Chand, ’n onafhanklike sameroeper, het probeer om die vergadering weer op koers te kry, maar met talle ontwrigtings wat nog verder plaasgevind het, is die vergadering afgestel.

Die openbare vergaderings word voorgeskryf ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (Paja).

Deidre Davids, Acsa-woordvoerder, sê dit is te vroeg om enige afleidings oor die naam te maak.

Slegs wanneer die proses van openbare deelname op 6 Junie voltooi is, sal ’n verslag oor die bevindings en voorstelle saamgestel word.

“Hierdie verslag sal aan ons hoofde by Acsa, die departement van vervoer en die departement van kuns en kultuur oorhandig word,” sê Davids.

Volgens Paja moet ’n opsomming van die vergaderings in die regeringskoerant gepubliseer word. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!