‘Hunters’ en ‘Gatherers’ se eeue oue stryd
Sanet de Swardt
Ek dink altyd aan my ouers, veral as iets gebeur wat ek graag met hulle wou deel.
Ek het onlangs vir iemand gesê hy dink ek praat baie, maar hy het nooit my ma gehoor nie. In haar verweer, dink ek, dat ek, my twee susters en my ma menigte mense (veral mense wat sku is om te praat) sou afskrik.
Ek haal my hoed vir my pa af; hy het dit nogal goed hanteer. Hy was ’n man van min woorde, maar hy het sy man tussen die henne gestaan. Tot ons honde was altyd tewe. Jy kon my pa enigiets vra, veral sy dogters. Niks was ooit te veel moeite nie.
Ons het die kuns vervolmaak om jou beurt af te wag as jy iets wou sê. Maar as jy daardie beurt nie met volle oorgawe aangegryp het nie, dan is dit ’n geval van “if you snooze you loose”.
Dit sal vandag nogal ’n uitdaging wees, want as ’n storie té lank uitgerek word of met ’n draai kom, dan verloor ek die draad van die storie. Ek kan seker die ouderdom die skuld gee, of miskien moet ek bekommerd raak!
Ek mis dit om Sondagaande met my ma te gesels. Ons het lag-lag meer as ’n uur gepraat. As sy eers begin sê het sy moet nou gaan haar hande maak pins en needles, dan moet jy weet ons praat al baie lank. En dan praat ons nóg ’n rukkie ná die pins en needles ingetree het. Dit was wonderlike tye, ek wens net ek kon dit nog een keer doen. Ek sal nie ophou praat nie.
Om so terug te dink, onthou ek ’n toneelstuk wat ek jare gelede gekyk het: Defending the Caveman. Dis ’n skreeusnaakse komedie oor die misverstande wat elke dag tussen mans en vroue voorkom. Die storie gaan oor die hunters (mans) en die gatherers (vrouens) en hoe ons situasies op verskillende maniere hanteer, tot albei partye se frustrasie.
Wat so snaaks van die toneelstuk is, is dat jy jouself daarin kan sien. Alles wat mans en vroue (bewustelik of onbewustelik) elke dag doen, word in die toneelstuk vasgevang. Die deel waar die gatherers elke dag uitgaan om inligting in te samel en die hunters wat net ’n seker aantal woorde per dag het om te gebruik en daarna is hulle woorde klaar. Dit klink bekend, né.
Volgens die skrywer is die toneelstuk ’n manier om te wys “mans het emosies, maar hulle gee anders uiting daaraan”.
Die komedie probeer die oorlog tussen die geslagte oplos. Ek weet nie of dit baie suksesvol was nie, maar ek het lank laas so lekker (vir myself) gelag.
’n Engelse professor het die woorde: “A woman without her man is nothing” op die swartbord geskryf en vir sy studente gevra om leestekens in te sit. Al die mans het geskryf: “A woman, without her man, is nothing.” Al die vrouens het geskryf: “A woman: without her, man is nothing.” Dit som die eeue oue stryd in ’n neutedop op.
Dit is soos die Britse komediant Michael McIntyre. Hy weet net hoe om my op te beur en lekker te laat lag. Hy vat ook sommer alledaagse gebeure en verdraai en kleur die storie só in dat dit skreeusnaaks is.
Ek dink ons almal het soms opbeuring nodig, dit hoef nie in die vorm van ’n persoon te wees nie; komedie en musiek is net sulke goeie uitlaatkleppe.
“I like Google Earth, it’s amazing. They photographed every road in die whole world and they have put them on the computer. You just type in and you go there. And you sit in front of the computer and think, I can go anywhere in the world, where shall I go? And we all come to the same conclusion: MY HOUSE!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie