Hupstoot vir beter kragvoorsiening
Bouwerk aan die nuwe Auas-Gerus-kraglyn het begin.
Ronelle Rademeyer – Die eerste van drie nuwe kraglynprojekte waarmee NamPower beoog om sy 400 kV-transmissienetwerk teen 'n koste van N$3,5 miljard oor 'n afstand van altesaam 833 km te verleng, het afgeskop.
Die eerste projek behels die aanlê van die 287 km kV-kraglyn vanaf die Auas-substasie naby Dordabis tot by die Gerus-substasie tussen Otjiwarongo en Outjo.
Dit sal na verwagting 18 maande duur om die kraglyn teen 'n koste van sowat N$629 miljoen op te rig, het NamPower gister in 'n verklaring gesê. Die kontrak daarvoor is aan Power Line Africa op Tsumeb toegeken.
Die opgraderingswerk aan die substasies sal 'n verdere N$241 miljoen kos, wat die totale koste van die projek op N$870 miljoen te staan bring.
Die ander twee projekte behels die kV-lyn vanaf Auas na Kokerboom oor 'n afstand van 450 km (N$1,66 miljard) en vanaf Obib tot by Oranjemund (96 km teen N$1,035 miljard).
NamPower sê die uitbreiding van sy 400 kV-transmissienetwerk sal hom in staat stel om beter om te sien na die energiebehoeftes van die land se groeiende bevolking asook na dié van die ekonomie wat na verwagting veerkragtig gaan groei.
Verder sal dit die nasionale kragvoorsiener se vermoë verbeter om elektrisiteit vanaf sy nuwe kragopwekkingsprojekte uit hernubare bronne soos die son, wind en biomassa in die netwerk te voer. Dieselfde geld elektrisiteit wat deur onafhanklike kragopwekkingsprojekte gegenereer word.
Met die uitbreiding van sy kV-transmissienetwerk sal NamPower ook sy handel in elektrisiteit met ander lande binne die Suider-Afrikaanse Kragpoel (SAPP) en private opwekkers kan verbeter, lui die verklaring.
Die kraglyn tussen Auas en Gerus sal oor 'n optiese vesel gronddraad met 'n 48-kerndigtheid beskik wat vir interne kommunikasie en kommersiële datadienste aangewend sal word.
NamPower sê sy filiaal, GridOnline, sal sy optiese vesel-netwerk aan gelisensieerde diensverskaffers in die telekommunikasie beskikbaar stel.
Die materiale en strukture wat gebruik word, is sodanig dat dit met die omgewing saamsmelt om 'n minimale visuele impak te hê. Dit is ook voëlvriendelik en sekere gedeeltes van die kraglyn sal gemerk wees om voëls se vlugroete te wysig, sê NamPower.
Die nuwe kraglyne sal wes van Internasionale Lughawe Hosea Kutako oor die B6-pad loop, asook oor die B1 suid van Otjiwarongo en oor die C38-pad tussen Otjiwarongo en Outjo.
– [email protected]
FOTO
NamPower het begin met die aanlê bvan die 287 km lange 400 kV-kraglyn vanaf die Auas-substasie naby Dordabis tot by die Gerus-substasie naby Otjiwarongo. Foto NamPower

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie