Hupstoot vir dienste op Otjinene, Epukiro
Hupstoot vir dienste op Otjinene, Epukiro

Hupstoot vir dienste op Otjinene, Epukiro

Nagenoeg 400 huishoudings in die landelike gebiede in die Omahekestreek beskik nou oor water- en rioleringsdienste tuis.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, het Maandag infrastruktuur wat ter waarde van sowat N$32 miljoen op Otjinene en Epukiro in gebruik gestel.

Dit is opgerig is om water- en rioleringsdienste in dié twee nedersettings te verbeter en is deur die minister aan die Omaheke-streeksraad en Otjinene se nedersettingsraad oorhandig wat dit voortaan sal bestuur.

Die ministerie sê in ’n verklaring N$16 miljoen is bestee aan die infrastruktuur by Epukiro en N$15,9 miljoen aan die aanlê van nuwe dienste op Otjinene.

Mushelenga het tydens die ingebruikneming daarvan die streeksleiers in Omaheke geloof en gesê hulle het die mense behoefte aan water en riolering ter harte geneem en gesorg dat sowat 400 huishoudings nou toegang tot hierdie dienste het.

Hy het daarop gewys dat Otjinene en Epukiro strategies geleë is en die potensiaal het om van nedersettings in volwaardige dorpe te ontwikkel indien die beleggingspotensiaal ontgin en bemark word.

Nagenoeg 70 erwe op Epukiro sal nou water- en rioleringsdienste hê terwyl 310 op Otjinene by dié infrastuktuur gaan baat.

Mushelenga sê ’n soortgelyke projek ter waarde van N$16,3 miljoen is ook op Aminuis onderneem en die streeksraad in Omaheke sal N$2,8 miljoen vir verdere meganiese werk in dié gemeenskap beskikbaar stel.

Hy het ‘n beroep op die gemeenskappe gedoen om die infrastuktuur goed op te pas en dit nie te vandaliseer nie.

Windhoek Consulting Engineers is deur die streeksraad aangestel om die projekte te bestuur, terwyl Ndakalimwe & Mawila JV die werk op Epukiro en Samuel Construction die konstruksiewerk op Otjinene gedoen het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!