Hupstoot vir klimaatsnavorsing
Hupstoot vir klimaatsnavorsing

Hupstoot vir klimaatsnavorsing

Die insameling van wetenskaplike inligting lê die grondslag vir vernuwing op dié gebied.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Suider-Afrikaanse Wetenskaplike Dienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpassende Grondbestuur (Sasscal) het Dinsdag 'n hupstoot van €10 miljoen (amper N$160 miljoen) ontvang.

Die sentrum, wat in 2010 gestig is, is 'n vennootskap tussen Angola, ­Botswana, Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Duitsland.

In reaksie op klimaatsverandering doen Sasscal wyd navorsing en versamel en versprei inligting daaroor.

Die skenking is deur die Duitse federale ministerie van opvoeding en navorsing (BMBF) gedoen sodat Sasscal die tweede fase van hul huidige navorsingsprojek kan uitvoer.

Tussen 2012 en 2018 is 88 navorsingsprojekte voltooi, waarvoor die Duitse ministerie €23,8 miljoen ­bewillig het.

Die projekte fokus op klimaat, water, bosbou, landbou en biodiversiteit, asook kapasiteitsbou.

Die ontwikkeling van nuwe ­produkte en dienste kan op dié ­navorsing gebaseer word.

'n Voorbeeld hiervan is Sasscal se weathernet.org-webwerf, wat 'n magdom inligting oor die weer en klimaat insamel van wydverspreide weerwagpunte landswyd af, asook van al die deelnemende lande van die subkontinent.

Die sentrum se plantegroei-data­basis behels sagteware genaamd BIOTABase, wat verniet afgelaai kan word en help om grondbedekking oor dié deel van Afrika te monitor.

Die Namibiese Nasionale ­Botaniese Navorsingsinstituut (NBRI) het 'n groot getal outomatiese ­weerstasies opgerig met die ondersteuning van die Biodiversiteit, Evolusie en Ekologie(SEB)-groep van die Hamburg-universiteit.

Die geskiedkundige Gobabeb- Opleiding- en Navorsingsentrum huisves ook een van dié weerstasies.

Sasscal het meer as 500 individue en meer as 80 akademiese, regerings- en nieregeringsinstansies ingespan om navorsingsprojekte in verskeie lande aan te pak.

Die sentrum word deur die weten­skapgemeenskap erken en het ­Suider-Afrikaanse natuurnavorsing bevorder deur meer as 400 ­studente te huisves, waarvan meer as 140 op hoër graad geslaag het.

Sasscal se uitvoerende direkteur, dr. Jane Olwoch, en prof. Rene Haak, BMBF-raadslid, sal eerskomende Dinsdag die adjunkminister van landbou, water en bosbou, me. Anna Shiweda, in Windhoek ontmoet om Sasscal II amptelik van stapel te stuur.

Sasscal se streekkantoor is in Windhoek geleë.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!