Husab skop steeds stof op
Husab skop steeds stof op

Husab skop steeds stof op

Midde ’n staking by die uraanmyn eis vakbonde die goewerneur van die Erongostreek moet op grond van sy raad aan die myn se eienaars bedank.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die beleërde goewerneur van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjavikua, slaan vure dood ná hy daarvan beskuldig is dat hy die Chinese meerderheidsaandeelhouer in Namibië se reuse Husab-uraanmyn van raad bedien het oor hoe om van Namibiese werkers ontslae te raak.

Intussen is werksaamhede by die myn sedert Dinsdag lamgelê omdat werknemers oor veiligheidskwessies staak.

“Alles staan stil,” sê ’n werker, wat verkies om anoniem te bly uit vrees dat hy sy werk kan verloor.

Hy sê die kultuur van stilbly onder Swakop Uranium-werkers verberg die myn se tekortkominge al lank, en dít het lede van die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) vandeesweek uiteindelik genoop om te staak.

Hulle eis dat die Chinese plofskietwerk-kontrakteurs Beifang Mining Services, wat glo sedert 2016 al veiligheidsregulasies oortree, onmiddellik in die pad gesteek word.

Dit ná onbeplande ontploffings glo reeds skade aangerig het en werknemers hul lewens kon kos.

Intussen het Swakop Uranium in ’n verklaring gesê Mutjavikua is genooi om op 18 en 19 Februarie as tussenganger in salarisonderhandelings op te tree.

As deel van die proses het Mutjavikua afsonderlike sessies met beide partye versoek in die geskil wat sedert 15 Oktober 2018 reeds sloer.

Klankopnames van dié sessies, wat op sosiale media versprei is, is volgens die maatskappy nie deur hulle goedgekeur nie, en hulle sê hulle behou die reg voor om regs- of ander stappe in verband hiermee te doen.

Mutjavikua beweer daar is met die klankopnames gepeuter.

Hy sê die opnames is geredigeer om feite te verdraai en gesprekke buite konteks te plaas.

Volgens hom was daar niks geheimsinnig aan die vergadering nie, en hy versoek dat die opnames beskikbaar gemaak word.

“Ek het nooit die word aflê gebruik nie, of selfs werkverliese nie, nog minder het ek die maatskappy aangemoedig om mense af te lê. Ek het dit duidelik gestel niemand moet hul werk verloor nie,” sê Mutjavikua.

Die vakbonde is egter nie oortuig hiervan nie, en die MUN se suidetak eis ook Mutjavikua se bedanking.

Volgens mnr. Shavuka Mbidhi, vakbondvoorsitter, bevorder Mutjavikua die uitbuiting van werknemers.

As hy nie self bedank nie, moet pres. Hage Geingob hom herroep, het Mbidhi gesê.

Die Namibiese Nasionale Arbeidsorganisasie (Nanlo) het ook tot die stryd toegetree.

Mnr. Evilastus Coronado, president van dié organisasie, sê: “Die skandelike goewerneur moet sy misplaaste trots onvoorwaardelik sluk om vir Namibiese werkers in die algemeen, en veral vir die werkers van Swakop Uranium verskoning te vra, en óf bedank, óf afgedank word!”

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!