Husabmyn brei uit
Die reuse-uraanmyn soek omgewingsklaring om loogfasiliteite naby Welwitschia-vlaktes te bou.
Augetto Graig – Die reusagtige Husab Uraanmyn, sowat 50 km binnelands vanaf Swakopmund, wil uraan deur ’n loogproses van sy laegraadse oorskothoop ontgin.
Vir die verwerking van die laegraadse erts deur die voorgestelde hooploogfasiliteit sal 1,9 Mm3 (miljoen kubieke meter) water per jaar benodig word bykomend tot die 8 Mm3 wat die Husabmyn tans gebruik.
Watertoevoer word tans met ’n permanente waterpypleiding vanaf die C28 voorsien. “Hoewel die permanente waterpypleidingkapasiteit voldoende is vir die hooploogproses, is dit bykans die volle kapasiteit,” volgens die myn.
Die eienaars, Swakop Uranium, “wil dus ’n tydelik geboude watervoorsieningspypleiding (2013-2016) behou as ’n gebeurlikheidsvoorsiening vir die 20-jarige leeftyd van die voorgestelde hooploogfasiliteit,” lees die voorstel vir die uitbreiding.
Die voorstel, saamgestel deur SLR omgewingskonsultante en beskikbaar op hul webwerf, kan vanaf verlede Vrydag tot 23 Julie nageslaan word om insette daarop te lewer. As deel van die wetlike proses om aansoek vir omgewingsklaring te doen en om die Husabmyn se omgewingsbestuurplan op te dateer, moet die voorgestelde uitbreiding eers goedgekeur word.
Een bron van kommer is hoe hierdie uitbreiding van die mynfasiliteite die unieke nabye Welwitschia-vlaktes, tussen 30 km en 50 km binnelands vanaf Swakopmund, tussen die Swakopmundrivier en Khanrivier geleë, sal beïnvloed. Sommige van die plante op dié vlaktes is moontlik 2000 jaar oud, volgens whc.unesco.org, waar dié Verenigde Nasies-liggaam se aansoek om die vlaktes as ’n wêrelderfenisgebied te erken sedert 2002 oorweeg word.
“Die vervoerband wat die afval na die loogafvalfasiliteit vervoer, moet egter die belangrike Husab-kanaal, of die afleiding daarvan, oorsteek om die fasiliteit te bereik. Afsonderlike plante kan beskadig of vernietig word tydens die konstruksie van die vervoerband, sy ondersteuningstrukture of enige dienspaaie langs die infrastruktuur,” waarsku die konsultante.
“Die verlies van enige plant is ’n verlies aan voortplantingspotensiaal en dus ’n verhoogde risiko vir die plantbevolking. Die totale aantal plante in gevaar is egter ’n baie klein persentasie van die totale populasie.
“Versagtingsmaatreëls hierteen is reeds by die vervoerontwerp ingesluit; ’n brugagtige struktuur wat hierdie belangrike gebied deurkruis. Geen steunstrukture moet binne die kanaal self gebou word nie. Geen struktuur mag nader as 30 meter van enige Welwitschia-plant opgerig word nie. Dienspaaie moet ook nie nader as 30 m van die individuele aanlegte wees nie,” sê hulle.
Nog ’n groot kopseer is die moontlike besoedeling van ondergrondse waterbronne. Hiervoor moet ’n gemanipuleerde omgewingsversperring (C-klas) in fases gebou word om by die opvulling van die stortingsterrein te pas. Dit word ontwerp volgens die afvalindeling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Norme en Standaarde vir die wegdoen van afval na stortingsterreine (GN R. 636 van 2013).
Die C-versperringstelsel bestaan uit ’n 300 mm basislaag wat uit kleimateriaal vervaardig word. Hierdie basislaag word bedek met ’n 1,5 mm geomembraan en dit sal weer bedek wees met ’n 100 mm dik laag siltige sand of beskermingsgeotekstiel.
“Die stortingsterrein is die enigste struktuur wat ná afloop van die mynleeftyd van die afvalfasiliteit oorbly. Dit moet dus ontwerp word vir die bedekking van beweginglose afval wat ontwerp is om die binnedringing van water te verminder, en met hellings wat bestand is teen water- en winderosie,” volgens die konsultante.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie