Huur duurder as koop
Die trae styging in huispryse die afgelope paar jaar beteken dat dit relatief goedkoper bly om te koop as om te huur – mits jy natuurlik jou voet in die deur kan kry.
Huurgeld styg op die oomblik vinniger as huispryse, wat dit aanlokliker maak om te koop. In September was die gemiddelde styging in huurgeld 5,68%, teenoor die gemiddelde styging in huispryse van 4,2%.
Vir mense wat dit oorweeg om eiendom te koop om te verhuur, is dit ook 'n waarskuwing dat huurgeld nie skerp opgedruk sal word deur 'n styging in vraag so lank as wat 'n kopersmark heers nie. FNB gebruik 'n indeks wat die verhouding tussen huispryse en huurgeld meet. Dit staan nou op 84,08 punte. Die indeks het die afgelope nege jaar geleidelik gedaal van 'n hoogtepunt van 88,13 af.
FNB het vandeesweek sy huisprysindeks vir Oktober uitgereik, wat aandui dat die gemiddelde huis nou net 4,3% duurder is as 'n jaar gelede.
Dit is effens hoër as die aangepaste styging van 4,2% vir September.
John Loos, huishoudelike en eiendomstrateeg van die bank, is bekommerd oor die laer maand-tot-maand-styging. Huispryse het tussen September en Oktober met net 0,13% gestyg, wat volgens hom daarop dui dat die ekonomie opnuut onder druk gekom het in dié maand.
Huispryse is 'n vroeë radar vir die stand van die ekonomie.
As inflasie afgetrek word, het huispryse in September met 0,9% gedaal, dieselfde as in Augustus. Oktober se inflasiekoers is nog nie bekend nie, maar as aanvaar word dat dit nagenoeg 5% is, het reële huispryse wéér gedaal.
Reële huispryse daal nou reeds vir 16 maande agtereenvolgend. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie