Huurbeheer binne drie weke ingestel
Volgens die Regstellende Herposisioneringsbeweging het hy die regering tot optrede gedwing.
Augetto Graig - Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) sê hy het daarin geslaag om die regering tot die instel van huurbeheerrade te dwing.
In huurordonnansie nommer 13 van 1977 word vir huurbeheer voorsiening gemaak, maar dit is nooit toegepas nie. Die AR het die regering oor die kwessie hof toe gesleep.
Nou sê die AR-leier, mnr. Job Amupanda, die regering en die minister vir nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, het buite die hof geskik.
“Ná die aanhangigmaking van die hofsaak waarin ons die regering dagvaar oor sy weiering om huurbeheer toe te pas, is ons prokureurs onlangs deur die regering genader om buite die hof te skik.
“Die dokument is nou in ons besit, en onderteken deur die minister en die regeringsprokureurs,” sê Amupanda.
Die bepalings van die skikking sluit in dat Tweya en die regering instem om nie die toepassing van huurbeheer teen te staan nie.
Daar is ook ooreengekom dat huurbeheerrade voor 16 November 2018 ingestel sal wees, met raadslede wat aangewys sal word.
Die AR dring sedert 2016 aan op die toepassing van die ordonnansie, asook die instel van die huurbeheerrade.
Ná 'n spoedige optrede waartydens die AR binne 'n dag sy voorgestelde raadslede moes nomineer, het die proses doodgeloop. In Mei vanjaar het Tweya aangekondig die ordonnansie sou nie meer bekragtig word nie. Die proses moet nou hervat word van waar dit laas laat vaar is.
“As die regering misluk of weier om binne die bepaalde tydperk aan ons eise te voldoen, sal die hofaansoek voortgaan,” sê Amupanda.
Volgens hom het Tweya ook ingestem om die AR se regskostes vir die saak te betaal.
“Aangesien die regering in die verlede ook valse beloftes gemaak het en manipulerende taktieke toegepas het, sal ons nie onmiddellik die saak terugtrek nie,” sê Amupanda.
“Die skikking sal slegs deur ’n hofbevel effektief wees omdat ons nie die regering kan vertrou wat buitelanders se belange beskerm nie. Dít terwyl ongeveer 'n miljoen huurders aanhou swaar kry,” sê Amupanda.
Volgens hom is die vooruitsig dat die proses binne drie weke voltooi sal wees goeie nuus vir huurders, en veral jong mense, in Namibië.
“Die jeug van Namibië en diegene wat huur, het vir eens 'n rede om te glimlag.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie