Huurbeheerraad kóm
Baie is reeds gedoen
Catherine Sasman
Die kantoor van eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, het kapsie gemaak teen ’n aantyging van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dat nog niks gedoen is oor die voorgestelde huurbeheerraad wat reeds op 1 Augustus in werking moes tree.
Mnr. Job Amupanda, die voorbok van die AR, het in ’n verklaring Maandag gesê die jeugbeweging dink daaraan om die regering voor die hof te daag om dit te dwing om die huurbeheerraad van stapel te stuur.
Hy het ook beweer dat die regering, wat in April beloof het om die liggaam in te stel, niks gedoen het nie omdat sekere politici glo aan die kant van “eiendomsmagnate” is of self eiendomsmagnate is.
Die woordvoerder van die kantoor van die eerste minister, me. Saima Shaanika, het in ’n verklaring gesê ’n spesiale kabinetskomitee vir grond en verwante sake (SCCLRM) onder die voorsitterskap van adjunkpremier me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, is aangestel om die kwessie in oënskou te neem.
Verskeie ministers dien in die SCCLRM.
Dié komitee kyk ook na die versnelling van die hervorming van kommersiële plase sowel as die verskaffing van woonerwe.
Tot dusver het die komitee gekyk na bestaande wette en het tot die slotsom gekom dat Huurordonnansie 13 van 1977 ingestel moet word om die huurpryse te reguleer.
President Hage Geingob het ook die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Immanuel Ngatjizeko, aangewys om die Huurordonnansie te administreer en ’n huurbeheerraad aan te stel.
Die Raad van Namibiese Eiendomsagente (NEAB) is ook deur die SCCLRM geraadpleeg.
Shaanika het gesê die werklike regulering van huurpryse sal ná oorlegpleging met belanghebbendes deur die beheerraad uitgevoer word.
Ngatjizeko en sy span het reeds begin om die huurbeheerraad saam te stel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie