Huurkwessie draai in hof
Die leier van die AR-beweging daag die minister voor die gereg om huurbeheerrade in te stel.
Augetto Graig
Die leier van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR), mnr. Job Amupanda, sleep die regering hof toe weens 'n gebrek aan die regulering van en beheer oor die huurproses.
'n Aansoek is voor die hof gebring om die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, te dwing om huurbeheerrade in werking te stel.
Amupanda vra die hof om Tweya deur 'n hofbevel te dwing om huurbeheerrade binne tien dae nadat die bevel uitgereik is, in die Khomas-, Erongo-, Kavango-Oos- en Oshanastreek saam te stel.
In sy aanvanklike hofdokumente beweer Amupanda die minister se mislukking om huurbeheerrade saam te stel, of raadslede daarvoor aan te stel, is onwettig.
Volgens hom het president Hage Geingob reeds ingestem huurbeheer moet toegepas word, terwyl die kabinet ook die vestiging van huurbeheerrade goedgekeur het.
Eiendom in Namibië is onbekostigbaar en huurkoste skiet die hoogte in.
Veral jongmense is kwesbaar weens dié omstandighede, het Amupanda namens sy ondersteuners gesê.
riglyne
Namibië se huurordonnansie nommer 13 van 1977 bevat reeds riglyne vir huurbeheer en vir toepaslike streekrade.
'n Vergadering in April 2016 tussen die staatspresident en die AR-leiers het daartoe gelei dat Tweya beveel is om die wet toe te pas, maar Amupanda sê daar het verder dadels van gekom.
Die minister het ook nie gehoor gegee aan die opdrag om tariewe vir eiendomsagente vas te stel nie, het Amupanda gesê.
Volgens hom het Tweya in Mei aan die AR gesê dié wet sal nie toegepas word nie.
Amupanda dring daarop aan dat die minister verplig is om die huurordonnansie uit te voer en dat hy geen diskresie oor die besluit het nie.
Die kennisgewing van die aansoek dui aan die regering moet sy regskoste self dra indien hy die aansoek wil teenstaan.
Regsverteenwoordigers vir die regering en die minister sal binne 15 dae aandui hulle is van die saak in kennis gestel, en moet binne 14 dae hul beantwoordende beëdigde verklarings indien.
Die prokureur mnr. Francois Bangamwabo van FB Law Chambers is aangestel om die saak namens Amupanda te behartig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie