‘I am the Key’ ontsluit leeslus

Jongmense word deur middel van ‘n nuwe boekveldtog aangemoedig om te lees.
ELIZABETH JOSEPH
Evany van Wyk

I am the Key Media dien as ‘n platform vir kinders om aktief betrokke te wees by gemeenskapskwessies wat hulle raak.

Die organisasie is in 2009 deur me. Ndahafa Hapulile onder die vaandel van die Dalarize-ontwikkelingsprojek gestig. Op 8 Maart 2013 is die televisieprogram I am the Key amptelik deur me. Micaela Marques de Sousa, ? verteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef), in Namibië bekend gestel. Die program word deur die NBC uitgesaai. Sedertdien het die program meer as 15 000 kykers gelok en het 500 Namibiese kinders al daarin verskyn. Verskeie belangrike kwessies word ondersoek en sluit onder meer gesondheid, sosiale probleme, kultuur en finansies in.

I am the Key Media fokus hoofsaaklik op vroeë kinderontwikkeling, familiebetrokkenheid en gemeenskapsbemagtiging deur aanbevelings te maak en in te gryp waar nodig. I am the Key Media het ? ekonomiese benadering waarvolgens jong kinders as die middelpunt van ontwikkeling in die land beskou word. “Ons doel is om kinders se toegang tot ekonomiese werksgeleenthede te bevorder, want dit is noodsaaklik vir hulle ontwikkeling,” sê me. Eslien Tsuses, die projekbestuurder van I am the Key Media. Volgens haar is ? belegging in kinders een van die beste wat gemaak kan word, want dit bied kinders iets om op voort te bou.

Tsuses het gesê I am the Key Media is trots op die spoed waarteen dit uitbrei. “Die een ding waarop ons veral trots is, is die bekendstelling van ons DVD en kinderboeke. Ons is bly om te kan sê ons het Namibië se jongste skrywer nog se werk gepubliseer.”

I am the Key Media het in 2018 ? nuwe avontuur aangepak toe hulle die Namibië Skryfkompetisie vir Kinders bekend gestel het. Die doel hiervan is om literatuur te bevorder en om die kreatiewe potensiaal van Namibiese kinders te bevorder. “Met hierdie projek hoop ons om die liefde vir lees terug te bring onder ons jong mense,” het Hapulile gesê. Die skryfkompetisie se prysuitdeling en boekbekendstelling het in April vanjaar in Windhoek plaasgevind. Die boeke van die drie beste skrywers in die kompetisie, Cherise Vogel, Grace Nantinda en Nguvitjita Movirongo is bekend gestel.

Met die hulp van Versatile Media is I am the Key Media besig met ‘n bewusmakingsveldtog om die kinders die nodige blootstelling te gee. Hulle het onlangs by Laerskool Herman Gmeiner besoek afgelê waar kinders aangemoedig is om te lees en skryf. Die kinderboeke is by Namibia Book Market in Windhoek by die kinderafdeling te koop.

Die Dalarize-ontwikkelingsprojek en FNB Namibia uit die staanspoor groot ondersteuning aan I am the Key Media gebied. “Unicef was ook baie behulpsaam en het bewys dat ons enige tyd op hul knoppie kan druk,” het Tsuses gesê. Menigde bekende soos die Namibiese musikant Top Cheri, die topmodel Meriam Kaxuxena en Mej. Namibië 2018, Selma Kamanya, het hul steun aan die projek toegesê.

I am the Key Media gaan ook vanjaar met ? vars, nuwe voorkoms spog en het nuwe vennote wat hulle bekend wil stel, het Hapulile gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!