IAAF betrek groot kanonne vir Caster-saak
Atletiek
Wim Pretorius - Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het gisteroggend die name bekend gemaak van die sportwetenskaplikes wat hom ondersteun in sy saak om die sogenaamde “Caster”-reël deur te voer.
Die IAAF en Caster Semenya, tesame met Atletiek Suid-Afrika (ASA), is dié week in die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) in Switserland slaags.
Die IAAF wil nuwe regulasies ten uitvoering bring waarvolgens atlete soos Semenya met hiperandrogenisme (buitengewoon hoë natuurlike testosteroonvlakke) gedwing sal word om medikasie te gebruik om hul vlakke te verlaag indien hulle aan byeenkomste wil deelneem.
Die span van kenners wat die IAAF sal ondersteun tydens die saak in Lausanne, sluit in dr. Angelica Lindén Hirschberg, 'n professor van verloskunde en ginekologie by die departement van vroue- en kindergesondheid in Stockholm, sowel as David Handelsman, 'n professor in reproduktiewe endokrinologie en andrologie by die Universiteit van Sydney.
Joanna Harper, wat meer as 30 jaar se ondervinding het as mediese fisikus en ook self 'n atleet was, tel onder die kenners.
Harper het in 2003 'n geslagsverandering ondergaan en volgens die IAAF het sy daarna tot 12% stadiger gehardloop as voor die proses.
Die IAAF sal ook op die kennis van die regsprofessor Doriane Lambelet Coleman en Richard Auchus, 'n voormalige professor van farmakologie en interne geneeskunde, staatmaak om hul saak te versterk.
“Die IAAF glo gelyke behandeling van mans en vroue is nie net 'n formele vereiste van sy beleid nie, maar dit bemagtig ook meisies en vroue deur atletiek en dis 'n kernwaarde van die organisasie,” sê die IAAF in 'n verklaring.
“Die vroueafdeling in sport is 'n beskermde afdeling. Vir dít om sy doel te doen, wat insluit dat vroue gelyke geleenthede as mans kry, moet hy standaarde hê wat verseker dat atlete wat as vroue identifiseer, maar testes het en testosteroonvlakke van mans het, ten minste hul testosteroonvlakke verlaag tot dit van 'n vrou om aan die elite-afdeling van vroue te kan deelneem.”
Die IAAF sê die standaard is nodig om die speelveld vir alle vroue gelyk te maak.
“Sonder dit loop ons die risiko om die volgende generasie vroueatlete te verloor wat geen pad na sukses sal kan sien in ons sport nie.”
Die internasionale liggaam is vol selfvertroue dat hy genoegsame wetenskaplike bewyse het waarop hy die nuwe regulasies gebaseer het.
Semenya se prokureurs het na afloop van die IAAF se persverklaring teen die atletiekliggaam uitgevaar oor hulle die name van hul kenners wat by die saak betrokke gaan wees aan die publiek bekend gemaak het.
“Die arbitrasieverrigtinge is onderworpe aan streng vertroulikheidsbepalings en moes nie bekend gemaak word nie,” lui hul verklaring.
“Semenya glo die IAAF se persverklaring is 'n duidelike oortreding van die vertroulikheidsbepalings wat gedoen is om die publiek se opinie te beinvloed in 'n stadium waar hulle geweet het dat Semenya nie in 'n posisie is om te reageer nie aangesien sy die vertroulikheidsbepalings gehoorsaam,” het hulle bygevoeg.
Haar prokureurs het daarna ook CAS genader en toestemming gevra om ook hul lys van kenners bekend te maak. CAS het ingestem en dié lys sal na verwagting vandag bekend gemaak word.

“Semenya glo die IAAF se persverklaring is 'n duidelike oortreding van die vertroulikheidsbepalings wat gedoen is om die publiek se opinie te beinvloed in 'n stadium waar hulle geweet het dat Semenya nie in 'n posisie is om te reageer nie aangesien sy die vertroulikheidsbepalings gehoorsaam,” het hulle bygevoeg. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie