IATA help Air Namibia
Estelle de Bruyn - Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) het 'n helpende hand aan Air Namibia verleen om 'n bedrag gelykstaande aan N$60 miljoen te verhaal.
Dít blyk uit die antwoord wat die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, Woensdag in die Nasionale Vergadering op vrae van die leier van die UDF, mnr. Apius Auchab, gegee het oor geld van Air Namibia wat in Angola gehou is.
!Naruseb sê Iata het 'n projek van stapel gestuur om lugrederye by te staan om geld wat in die buiteland was en nie aan rederye uitbetaal is nie, te bekom. Volgens !Naruseb was die vertraging weens onder meer 'n gebrek aan buitelandse valuta in Angola. Met die hulp van Iata is daarin geslaag om die volle bedrag van N$60 miljoen aan Namibië terug te besorg en die geld is ontvang. Tans is daar geen geld van Air Namibia wat in Angola gehou word nie, het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie