ICC skors Heath Streak vir agt jaar
Krieket
Zimbabwe se voormalige krieketkaptein Heath Streak is vir agt jaar uit enige betrokkenheid by die spel geskors nadat hy verskeie klagte op oortreding van die Internasionale Krieketraad (ICC) se teenkorrupsie-kode aanvaar het.
Streak (47), statisties gesproke die beste bouler in Zimbabwe se geskiedenis, het skuld erken op vyf klagte wat verband hou dat hy nie aan owerhede openbaar het dat spelers van spanne vir wie hy afgerig het, deur knoeiers genader is nie.
Die voorvalle strek oor die periode tussen 2016 terwyl hy Zimbabwe se nasionale span afgerig het, asook termyne aan die stuur van spanne in die Indiese Premierliga en Afghanistan Premierliga was.
Streak, wie se beste speeljare in die middel tot laat 1990’s was, sal sy skorsing tot 28 Maart 2029 uitdien.
Die ICC se teenkorrupsiehoof Alex Marshall het gesê: “As ’n voormalige nasionale kaptein en afrigter was hy in ’n vertrouensposisie en het ’n plig gehad om die integriteit van die spel te beskerm.
“Hy het hierdie kode by verskeie geleenthede verbreek, insluitend om die benadering van vier ander spelers te fasiliteer. Met tye het hy ook probeer om ons ondersoekwerk in die wiele te ry.”
– ESPN, ICC-verklaring

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie