Idaho-jagter bedank ná storm op sosiale media
Die Amerikaanse wildkommissaris wat met sy jag van 'n bobbejaanfamilie gespog het, is gevra om te bedank.
Francoise Steynberg
Die Amerikaanse jagter en vis- en wildkommissaris, mnr. Blake Fischer van Idaho, is Maandag gedwing om uit sy pos te bedank nadat hy gespog het met jagfoto's in Namibië waar hy saam met 'n familie dooie bobbejane geposeer het.
Fischer se boogjagtog het glo in September in Namibië plaasgevind. Hy en sy vrou het die bobbejane én 'n luiperd, kameelperd, impala, swartwitpens, waterbok, koedoe, gemsbok en eland gejag.
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Nahpa), me. Tanja Dahl, het gister aan Republikein bevestig Napha is besig om ondersoek na die voorval in te stel, wat 'n storm van kritiek op sosiale media ontketen het.
“Dit gaan hartseer wees as een van ons eie Namibiërs by hierdie voorval, sou dit 'n onwettig jag wees, betrokke is. As ons vind dit is een van ons Napha-lede wat die reëls oortree het, gaan ons stappe doen nadat ondersoek ingestel is,” het Dahl gesê.
Napha probeer nog by die ministerie van die omgewing en toerisme uitvind of die gewraakte jagtog wél in Namibië plaasgevind het en watter jagonderneming daarby betrokke is.
“Ons moet eers agter die kap van die byl kom,” het Dahl gesê.
Volgens wet mag 'n jagter net twee diere van 'n spesie jag.
BEDANKINGSBRIEF
In Fischer se bedankingsbrief aan die goewerneur van Idaho, mnr. Butch Otter, het die jagter geskryf dit was weens sy swak oordeel dat hy die jagfoto's versprei het.
“Ek het swak oordeel aan die dag gelê om die foto's van die jagtog te versprei waar ek nie 'n geskikte vlak van sportmanskap en respek vir die diere wat ek gejag het, getoon het nie,” het Fischer in sy bedankingsbrief geskryf.
Otter, wat vir Fischer in 2014 by die vis- en wildkommissie van sewe lede aangestel het, het gesê hy het Maandag vir Fischer om 'n bedanking gevra en sy bedankingsbrief dieselfde dag ontvang.
“Ek het hoë verwagtinge en standaarde van elke aanstelling in die regering. Daar word van elke lid van my administrasie verwag om goeie oordeel aan die dag te lê. Kommissaris Fischer het nie,” het Otto in 'n verklaring gesê.
Op een van die foto's poseer Fischer glimlaggend terwyl hy die koppe van die bebloede bobbejaankarkasse, 'n klein bobbejaantjie in sy ma se arms, regop hou.
Fischer se jagfoto's het wêreldwyd hewige kritiek en oproer veroorsaak en gelei tot die versoek dat hy moet bedank.
In sy bedankingsbrief het Fischer verskoning aan die jagters en vissers van Idaho gevra en die hoop uitgespreek dat “my aksies nie die integriteit en etiek” van dié deelstaat se wildagentskap skaad nie.
Dit was volgens Fischer se e-pos aan meer as 100 mense sy vrou se eerste besoek aan Afrika, “daarom het ons eerste vir die bobbejane gegaan”.
Dié e-pos is deur die Idaho-koerant Statesman aangevra ná 'n openbare inligtingsversoek by die goewerneur se kantoor.
“Die foto van hom en die bobbejaanfamilie is absoluut betreurenswaardig en is in teenstelling met alles wat wildbestuur behels,” het 'n afgetrede vis- en wildkommissaris, mnr. Gary Power, aan Nampa/Reuters gesê.
Nóg 'n voormalige kommissaris, mnr. Fred Trevey, het gesê hoewel Fischer se jagtog wettig was, “maak wettig dit nie reg nie”. Hy het gesê die bobbejaanfoto voldoen nie aan die standaarde vir sportmanskap nie.
Fisher het aan Statesman gesê Namibië se trofeejag word deur die ministerie van die omgewing en toerisme beheer en spesiale jagpermitte word vir sekere wild uitgereik, maar “bobbejane is vry om te jag”.
- Bykomende bronne: Nampa/Reuters/Statesmen

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie