Idai: Die storm sonder grense

Die sikloon Idai bied ’n skrikwekkende vooruitsig van tropiese siklone in ’n streek wat deurentyd deur klimaatverandering bedreig word.
Jennifer Fitchett

Die tropiese sikloon Idai het vandeesmaand die hoofopskrifte oor Suidelike Afrika heen gehaal. Dit het ses dae in die Mosambiek-kanaal getalm met die intensiteit van ’n tropiese sikloon en Beira in die middel van die maand getref en in ’n westelike rigting beweeg totdat dit opgeklaar het.

Die grootste impak was toe die storm die kus bereik het en toe dit oor die vasteland begin beweeg het. Dit het vloede, uitermatige windspoed en stormdeiningskade in die sentrale deel van Mosambiek veroorsaak. Buurlande soos Malawi en Zimbabwe het kwaai reënval, vloede en skade weens die hoë windspoed beleef. Madagaskar het ook kwaai reënbuie gekry in die storm se tog na Beira.

Die vloede het honderdduisende mense in die streek dakloos en ontwortel gelaat terwyl die sterftesyfer aanhou styg. Die uitwerking van die sikloon is gevoel tot so ver as Suid-Afrika en het tot beurtkrag bygedra weens die beskadigde kraglyne wat die land van 1100 MW krag voorsien vanaf die Cahora Bassa-dam in die noorde van Mosambiek.

In die geskiedenis het nege storms met die intensiteit van ’n tropiese sikloon Mosambiek getref. Meer swakker tropiese stelsels, insluitende tropiese storms en depressies, raak die streek, met ’n gemiddelde van net meer as een tropiese stelsel wat die land per jaar bereik.

Die ergste tropiese sikloon wat Mosambiek bereik het, was Eline in Februarie 2000. Dit was ’n kategorie 4-storm toe dit oor die vasteland beweeg het en het tot 150 sterftes gelei, 1 000 mense is weens vloede beseer, 300 000 mense is ontwortel en vier skepe het gesink.

Die storms wat oor Afrika se ooskus beweeg, is swakker as hul ekwivalente in die noordelike halfrond. Kategorie 4-en kategorie 5- tropiese siklone tref byna jaarliks die vasteland in die Noord-Atlantiese en Noord-Pasifiese streek.

GROOT STORMSTELSELS

Hoekom is so baie lande geraak? Tropiese siklone is groot stormstelsels. Net om die oog van die storm – ’n stormstil gedeelte met geen wind of reën nie – is spirale van stormwolke met ’n minimum radius van 100 km. Hierdie wolkstroke verteenwoordig die donderstormtoestande, met reën en winde tipies van ’n tropiese sikloon.

Navorsing het gewys dat veranderinge aan die wêreld se temperatuur, sowel as oseaanverwarming, verantwoordelik is vir ’n toename in die intensiteit van tropiese siklone.

’n Radius van 100 km is tipies van kategorie 1- tropiese siklone, dié met die laagste intensiteit. Namate die storms toeneem tot kategorie 2, 3, 4 en 5 word dit beduidend groter. Dit beteken ’n storm met ’n hoë intensiteit, soos die tropiese sikloon Idai, het ’n beduidend groter impak as die stormspoor waarin hy volg.

Daar heers die afgelope paar jaar al hoe meer kommer oor die impak van klimaatverandering op siklone. Navorsing het gewys dat veranderinge aan die wêreld se temperatuur, sowel as oseaanverwarming, verantwoordelik is vir ’n toename in die intensiteit van tropiese siklone.

Dit is onlangs nagevors in die Suid-Indiese Oseaan. Namate die oseaan verwarm, vergroot die streke wat bevorderlik is vir die vorming van tropiese siklone – en temperature in die tropiese streke word warm genoeg dat die siklone kragtiger word. Kategorie 5- tropiese siklone, wat nou al byna ’n eeu in die Noord-Atlantiese gebied ’n chaos veroorsaak, het sedert 1994 begin voorkom in die Suid-Indiese Oseaan en het sedertdien al hoe meer dikwels voorgekom.

Dit beteken namate klimaatsverandering voortduur en vererger, sal die storms ook erger word. Dit beteken ’n groter frekwensie van nie net erge stormskade nie, maar skade oor ’n groter gebied. Benewens die impak van verwarming op die intensiteit van die storm, het klimaatsverandering, volgens kenners, die oppervlakte van die storms binne enige gegewe intensiteit verhoog.

SIKLOON IDAI

So, hoe intens was Idai?

Stormbaanrekords, wat die geografiese ligging van ’n storm op ’n gegewe tydstip, die windspoed en die atmosferiese druk insluit, word gedokumenteer deur ’n aantal klimatologiese organisasies. Die data word gesintetiseer deur die Nasionale Oseanografiese en Atmosferiese Assosiasie, wat ’n bruikbare hulpbron is vir wetenskaplikes om die gedrag van ’n storm te bestudeer.

Tropiese siklone word geklassifiseer op grond van hul windspoed en sentrale drukking. Die swakste storms wat geklassifiseer word as tropiese siklone – kategorie 1 – het ’n minimum volgehoue windspoed van 119 km/h. As hulle kategorie 3 bereik, is die minimum windspoed 178 km/h. Namate die kategorie verhoog, verhoog die potensiaal vir skade. Kategorie 1-storms word geklassifiseer as storms wat gevaarlike winde tot gevolg het wat skade aanrig, waar kategorie 3-storms na verwagting katastrofale skade kan aanrig.

Die geskiedenis van die tropiese sikloon Idai word in hierdie rekords aangeteken. Die sikloon het op 11 Maart tussen 03:00 en 06:00 kategorie 3-sterkte bereik, terwyl hy op sy mees oostelike reikwydte op sy stormbaanrekord was. Op 12 Maart teen 03:00 het die storm afgeneem tot kategorie 2-sterkte, en dit het gewissel tussen kategorie 2 en 3 oor die daaropvolgende 36 uur.

Van middagete af op 13 Maart het die storm ’n kategorie 3-sterkte behou totdat dit op die 14de oor die vasteland beweeg het.

WAT GEDOEN MOET WORD

Storms wat baie lande raak, bied besondere uitdagings. Hulle het duidelik geen respek vir politieke grense nie. Die feit dat hulle baie lande raak, bied uitdagings in die voorbereiding vir die storm op ’n proaktiewe manier en die reaksie om lewensverlies te keer en voortbestaan te verseker. Dit vereis dat lande doeltreffend met mekaar kommunikeer om samehangende boodskappe oor die voorspelling van die stormbaan en potensiële skade te stuur en om doeltreffende ontruiming te reël.

Doeltreffende veranderinge om stormskade te beperk is noodsaaklik om die streek voor te berei op ’n toename in die sterkte van hierdie storms.

Hierdie storm bied ’n skrikwekkende vooruitsig vir die toekoms van tropiese siklone in ’n streek wat gebuk gaan onder voortdurende klimaatsverandering. Doeltreffende veranderinge om stormskade te beperk is noodsaaklik om die streek voor te berei op ’n toename in die sterkte van hierdie storms. Ramp- en risikobestuursplanne is ook belangrik om lewensverlies te beperk.

* Jennifer Fitchett is ’n senior dosent aan die departement fisieke aardrykskunde aan die Universiteit van die Witwatersrand. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!