Idai: Minstens 3 000 klaskamers beskadig
Idai: Minstens 3 000 klaskamers beskadig

Idai: Minstens 3 000 klaskamers beskadig

Vroeër is daar berig die Wêreldbank sê die sikloon het meer as drie miljoen mense se lewe ontwrig.
Honderdduisende kinders in Mosambiek se onderrig is ontwrig nadat hul ­klaskamers in Maart deur die verwoestende sikloon Idai beskadig is.

Die Verenigde Nasies (VN) se ­kinderfonds berig grootskaalse skade is aangerig aan meer as 3 400 klaskamers en sowat 300 000 leerlinge word hierdeur geraak.

In die Sofalastreek is meer as 2 700 skole beskadig.

Ander streke gebruik nog klaskamers om daklose mense tydelik te huisves nadat hulle alles in die sikloon verloor het.

Die VN het 'n beroep op Mosambiekse owerhede gedoen om dringend aandag aan die probleem te gee.

Hulle vra ook dat ander humanitêre organisasies help met die oprigting van tydelike klaskamers om kinders so vinnig moontlik terug agter die boeke te kry.

Mosambiek gaan reeds gebuk onder 'n lae slaagsyfer, sê die VN.

Hierdie syfers kan nog verder verhoog as gesinne genoodsaak word om hul inkomste aan te vul en hulle kinders te stuur om te gaan werk.



GEVOEL VAN NORMALITEIT

“Enige langdurige onderbreking in die onderrig van 'n kind kan 'n geweldig nadelige invloed hê. Onderwys is nie net belangrik om kinders te help ontwikkel op lang termyn nie, maar help ook om hul lewe 'n gevoel van normaliteit te gee ná 'n traumatiese gebeurtenis, soos 'n sikloon,” sê die VN.

Die VN vra ook dat onderwysers hulp moet kry om hul lewe te help herbou ná die vloede.

Die Wêreldbank beraam die sikloon Idai – wat oorstromings in Mosambiek, Malawi en Zimbabwe veroorsaak het – sal die ­betrokke lande meer as US$2 miljard (bykans R28 miljard) uit die sak jaag.

Vroeër is daar berig die Wêreldbank sê die sikloon het meer as drie miljoen mense se lewe ontwrig.

In Mosambiek, waar die grootste verwoesting, onder meer grondverskuiwings, veroorsaak is, is tot sowat US$773 miljoen (bykans R11 miljard) se skade aangerig.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!