Identiteit bekend van Swakop-egpaar wat saam sterf
Die man en vrou van Swakopmund wat Sondag langs mekaar dood in hul bed aangetref is nadat 'n vriendin van die vrou 'n kollega van die egpaar laat weet het alles is nie pluis nie, se name is bekend gemaak.
Hulle is mnr. Dean Olley en sy vrou, Luella - die eienaars van 'n Suid-Afrikaanse kontruksiemaatskappy wat onder meer 'n diensverskaffer van die Husab-myn is.
Hulle het na bewering hulself en hul troeteldiere om die lewe gebring aangesien Dean aan 'n ongeneeslike siekte gely het.
Hulle het voorheen in Johannesburg gewoon. Sy is oorspronklik van Cornwall in Engeland.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie