IEB-matrikulante skitter

100% slaagsyfer onder graad 12’s
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg – Die sewe skole in Namibië wat die IEB-leerplan (Onafhanklike Eksamineringsraad) volg, se 2020-matriekgroepe het uitstekend presteer met ’n 100% slaagsyfer in hul eindeksamens.

Van hierdie 177 matrikulante oraloor Namibië het 88% geslaag met universiteitstoelating (graadvrystelling) en 12% met kollegetoelating (diplomavrystelling).

Die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) se uitvoerende hoof, mnr. Wouter Niehaus, beskou verlede jaar se uitslae as ’n hoogtepunt in die organisasie se geskiedenis.

“Napso het die voorreg gehad om saam met sy ledeskole as een groot familie deur die Covid-19-pandemie te veg. Dit is ’n duidelike teken dat die Napso-skole steeds sterk staan.

“Om buiten die uitdagings van inperkings en die verandering in onderrigstyle steeds jou doelwit te bereik en jou skool se standaard te behou, spreek boekdele oor die geloofwaardigheid, werksetiek en geloof van ons Napso-skole se leerlinge, onderwysers en ouers. Baie, baie geluk aan elkeen van julle,” sê Niehaus.

Die algehele topmatrikulant vir 2020 is Christo Boshoff van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) met ’n gemiddelde prestasie van 89,7%. Hiermee het hy Napso se kontantprys van N$10 000 vir verdere studies vanjaar verdien.

Boshoff het A’s behaal in Afrikaans, wiskunde, lewenswetenskap, fisiese wetenskappe, IGO (ingeniersgrafika en ontwerp) en LO.

Boshoff het ook verlede jaar die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) se United Space School (USS) in Amerika bygewoon en beoog om eendag medies te studeer om ander se omstandighede te help verbeter.

Kort op sy hakke volg Jonette de Koning van Tsumeb Gimnasium met 88%. In die derde plek is Milne Becker van WAP met 85%, gevolg deur Jasper Brand van Moria met 84,3% en ’n totaal van sewe onderskeidings.

Lees meer oor die prestasies van al die Napso-skole in die spesiale bylaag in vandag se koerant.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!