IEB se slimstes
Vanjaar se toppresteerders skryf hul sukses aan harde werk en balans toe.
My Zone-redaksie – Vanjaar se Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-kandidate het weer eens met ongelooflike prestasies tydens die eindeksamen gespog.
Vanjaar het 192 graad 12-leerlinge die IEB-eksamen afgelê met ’n slaagsyfer van 98,9%.
Altesaam 84,1% van die kandidate slaag met universiteitsvrystelling en 14% met kollege-toelating.
Windhoek Afrikaanse Privaatskool spog ook vanjaar met vier leerlinge onder die land se slimstes.
Vanjaar se toppresteerdertoekenning word deur Sareez Basson en Caro Horn, beide leerlinge aan Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP), gedeel.
Basson het sewe onderskeidings behaal en Horn spog met vyf onderskeidings.
Basson en Horn deel ook vanjaar die N$10 000-kontantprys van die Namibiese Privaatskoleorganisasie (Napso) vir die land se beste presteerders in die IEB-eksamen.
Horn glo in harde werk en deursettingsvermoë.
“Ek het van die begin van die jaar af al begin werk sodat ek in die eindeksamen rustig kan wees. Ek het in elke klas notas gemaak wat gehelp het om die werk te leer terwyl ek in die klas was.”
Horn gaan in September veeartsenykunder in Hongarye of Kroasië studeer.
Sy raai vanjaar se matrikulante aan om nooit uit te stel nie, “want van uitstel kom afstel”.
Basson gaan vanjaar by Pneumatix Kollege op Somerset-Wes studeer, waar sy die uitvoerende kunste oorbruggingsjaarprogram wil voltooi.
Haar raad aan vanjaar se graad 12-leerlinge is om die beste van graad 12 te maak.
“Hoewel daar dae is wat mens moeg word, is dit die opwindendste jaar van jou skoolloopbaan. Dit is ook baie belangrik om hard te werk, want dit bepaal jou toekoms, maar moet nooit vergeet om dit ook te geniet nie en die lekkerste herinneringe met jou vriende te maak nie.”
Karl Zapke, die nommer twee-kandidaat in die land, is ’n leerling aan Pro-Ed Akademie, wat reeds van graad 11 af met sy voorbereiding begin het.
“Ek het vir myself gesê ek moet elke taak moet vat soos dit kom en die enigste manier om goed te presteer, is om net te gaan sit en leer.”
Zapke is reeds by die Universiteit Stellenbosch aanvaar om meganiese ingenieurswese te studeer en is opgewonde oor die jaar wat voorlê.
Andries Steenkamp is Tsumeb Gimnasium se toppresteerder en gaan meganiese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer.
“Ek dink beplanning was beslis deel van my suksesresep. Ek het probeer rekord hou van belangrike datums en dit het gehelp om te weet presies wat wanneer gebeur en dan daarvolgens te beplan.”
De Wet Oosthuizen is nommer drie in die land en is ook ’n WAP-leerling.
Beplanning en harde werk het hom deur die jaar gehelp.
“Die belangrikste ding was ook om net rustig te bly wanneer jy onder druk is, want in jou matriekjaar is jy voortdurend onder druk. Oosthuizen gaan vanjaar BCom rekeningkunde in Stellenbosch studeer.
“Probeer jou take en werk so gou moontlik afhandel, werk hard en beplan, maar moenie die belangrikste ding van als vergeet nie: Geniet jou jaar voluit.”
Charlene Grobler, ’n Pro-Ed Akademie-leerling, skryf haar sukses grootliks aan harde werk toe, om ekstra moeite te doen en elke dag jou deel te doen.
Sy wil vanjaar chemiese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer en is deur die Sonop-koshuis aanvaar.
“Aan 2020 se matrikulante: Die jaar is in jou hande. Moenie staatmaak op ander om jou te kry waar jy wil wees nie. Die jaar vlieg verby, so leef in die oomblik, hou by met jou werk, en gee al jou take vroegtydig in!”
Ivan van Wyk van Privaatskool Moria raai vanjaar se graad 12’s aan om elke geleentheid ten volle te benut.
“Doen jou bes en maak seker jy is nie spyt oor geleenthede of punte wat jy verloor het nie. Onthou jou beste is goed genoeg en moet jouself nie teen ander meet nie. Geniet matriek. Jy het net een kans, maar onthou dit bepaal moontlik jou toekoms.”
Van Wyk gaan veeartsenykunde aan die Universiteit van Namibië (Unam) studeer.
“My planne vir vanjaar is om die tyd te geniet met ’n goeie balans tussen sosiale aktiwiteite en studietyd.”
Anje Kruger, nog ’n WAP-leerling, sê haar kalender was vanjaar haar beste vriend.
“Sonder beplanning sou ek nie die jaar kon oorleef nie! Enige matriek se laaste jaar is besonder besig, so tydsbeplanning is baie belangrik. Verder het ek maar net elke dag gevat soos dit kom en die lig aan die einde van die tonnel in sig probeer hou.”
Kruger gaan chemiese ingenieurswese in Potchefstroom studeer en raai vanjaar se matrikulante aan om nie toe te laat dat vrees die oorhand kry nie.
“Hou vas aan God en gebruik jou ondersteuningstelsel. Geniet elke liewe oomblik, want die jaar is verby voor jy jou oë kan uitvee.”
Nico Coetzee is van Keetmanshoop Privaatskool en is vanjaar sewende in die land.
“My sukses het uit balans bestaan. Ek het ’n goeie balans tussen werk en speel gekry. Deur elke dag net my deel te doen, het ek voor toetse en eksamens baie minder gestres.”
Coetzee gaan vanjaar sy droom bewaarheid deur meganiese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.
“Elke matriek van 2020 moet van dag een af besef hoekom hy is waar hy is. Jou primêre doel in matriek is om te leer en ’n matrieksertifikaat agter jou naam te kry. Werk wanneer dit werktyd is en speel wanneer dit speeltyd is.”
Nog IEB-toppresteerders
Karmi Fourie is Privaatskool Elnatan se toppresteerder en moedig vanjaar se graad 12’s aan om elke oomblik van hul skoolloopbaan te geniet.
“Gaan voluit en geniet elke liewe oomblik. Werk hard en gee jou heel bes. Hou jou oë op God gerig en wees net die beste jy wat jy kan wees.”
Fourie gaan onderwys aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom studeer.
Roux-Ché Shidute is The Dolphin Schools se toppresteerder en het ’n ander leermetode as haar vriende gevolg.
“Ek is ’n naguil, so ek sal eerder deur die dag oefen en bietjie rus en dan in die aande studeer. Ek het ook dansklasse gehad wat my baie gehelp het om te ontspan.”
Shidute volg tans die Rotary Youth Exchange Programme in Frankryk, wat ’n jaar duur.
“Ek leer ongelooflik baie van die verskillende kulture en wil graag ’n beroep in die toerismebedryf volg.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie