Iere wil lêers van pous oor misbruik van kinders hê
Pous Franciskus se besoek aan Ierland word gekenmerk deur eise dat inligting oor seksuele vergrype openbaar gemaak word.
Tydens pous Franciskus se besoek aan Ierland word daar wyd gevra dat die Vatikaan sy lêers oor die beweerde misbruik van kinders binne die Katolieke Kerk bekend maak.
Die pous is tans op besoek aan dié eens baie godsdienstige land waar jarelange bewerings van misbruik baie Iere glo van die kerk weggedryf het.
Hy het Saterdag belowe om ’n einde te maak aan die “verfoeilike” seksuele misbruik van kinders deur Rooms-Katolieke kerklikes, maar gelowiges meen dit is nie genoeg nie.
Soline Humbert (62) van Parys, Frankryk, het aan die Irish Examiner gesê as die volle waarheid nie blootgelê word nie, kan die kerk nie hoop om aan te beweeg nie.
“As Christene en Katolieke weet ons daar is geen herlewing of transformasie in die kerk wat vertroue sal herstel totdat die volle waarheid uitkom nie.
“Dis pynlik en sal baie ontstellend wees, maar die waarheid word begrawe in die argiewe van die Vatikaan.”
Die pous het Saterdag ook gesê dit is ’n “skande” dat die kerk nie genoeg aandag skenk aan dié “misdade” nie en bygevoeg dat hy sal sorg dat daar meer gedoen word om dit uit te wis.
’n Slagoffer van seksuele misbruik deur ’n lid van die Rooms-Katolieke Kerk wat teenwoordig was tydens pous Franciskus se toespraak het sy woorde egter beskryf as ’n “verstommende poging om die aandag af te lei van die rol wat die Vatikaan gespeel het in die verdoeseling van hierdie misdade”.
Die pous het Sondagoggend besoek afgelê by die bekende altaar in die dorpie Knock in die weste van Ierland waar gelowiges al vir Jesus Christus, die Maagd Maria en haar man, Josef, sien verskyn het. Dit word elke jaar deur minstens 1,5 miljoen pelgrims besoek.
Dit is die eerste pouslike besoek aan Ierland in vier dekades. Pous Johannes Paulus II het die altaar laas in 1979 besoek.
Die Irish Times berig sowat 45 000 pelgrims word Sondag tydens pous Franciskus se besoek verwag. Hy sal die Angelus-gebed by die altaar lei en ’n tyd lank tussen die besoekers verwyl voordat hy weer terugkeer na die Ierse hoofstad, Dublin.
Die pous lei Sondagmiddag ’n altaardiens by die Phoenix-park waar sowat ’n halfmiljoen mense verwag word.
Kenners meen egter die voortslepende seksskandale binne die Katolieke Kerk het die geloofwaardigheid van die instansie as morele leier verpletter en veroorsaak dat talle gelowiges hul rug op die kerk gedraai het.
Die Iere het in die afgelope drie jaar ten gunste van aborsie en gay huwelike gestem, wat tot meer wrywing met die Rooms-Katolieke Kerk gelei het. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie