Ierland sê ja vir aborsie
'n Stille revolusie. Dít is hoe Leo Varadkar, Ierse premier, die eerste uitslae in die referendum om aborsie in Ierland te wettig, bestempel.
Eerste aanduidings is dat 69% van die stemgeregtigdes ten gunste daarvan is om wetgewing te verander wat aborsie in Ierland sal wettig, berig BBC.
Die aborsiekwessie is al vir jare 'n verdelende faktor in Ierland. Die agtste amendement, waarin die lewe van 'n fetus en die ma gelyk gestel word, is in 1983 aanvaar, berig The Irish Times.
Vroeë uitslae dui daarop dat Ierland ten gunste daarvan gestem om die land se streng aborsiewetgewing te verander.
Kiesers het Vrydag na die stembus gegaan en Ierse burgers het vanoor die wêreld na Ierland teruggekeer om te stem.
Anti-aborsiegroepe het reeds te kenne gegee hulle het die referendum verloor, berig Al-Jazeera.
Die uitslag van die referendum is Saterdagaand aangekondig: 1 429 981 mense het ten gunste van aborsie gestem en 723 632 daarteen. Die Ja-stem het die referendum met meer as 706 349 gewen.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie