Iets skeel op vaal Otjiwarongo
JURIE VILJOEN SKRYF:
Ek sit op Otjiwarongo tydens 'n kleuresportbyeenkoms op die pawiljoen waar ek 'n uitsig het oor die sportvelde van die dorp. Sportvelde wat die potensiaal het om van die beste in die land te wees.
Die velde, wat bedek is met gras, is gesny, maar daar is gewag totdat die gras amper 'n halwe meter hoog was voordat dit gesny is.
Dit het 'n doodskleur.
Die grasveld waar die atletiek gehou word, is droog en die gras vertoon dood en onversorg. Ek is seker dat die gras voor die onafhanklikheid van Namibië laas voeding gekry het.
In my gedagtes trek ek die doodsheid deur na die meesters, die beleidmakers van die dorp.
Hulle sit waarskynlik agter toe deure in lugverkoelde kantore.
Hoe kan die belastingbetalers te vrede wees? Hoe kan die Namibiese regering tevrede wees met sulke amptenare wat in die beste bly, die beste ry, die beste aantrek en die beste eet, maar 'n dorp laat doodgaan?
Is daar 'n leiersfiguur? Is dit die agbare burgemeester? Wat is agbaar?
As ek reg onthou, beteken Otjiwarongo die “plek van die mooi beeste”. Waar is daardie beeste? Het almal brandsiekte gekry?
Wanneer 'n mens die dorp inkom, sien jy die watertenks wat meer as vyf dekades gelede geverf is. Kyk 'n bietjie na die tientalle bome langs die hoofstraat wat dood is.
Ek is oortuig dat die agbare minister en sy edele pres. Hage Geingob 'n groot taak het om vas te stel hoekom die amptenare nie hulle werk doen nie.
Almal moet vra: Waarheen gaan die geld?
Moenie die droogte skuld gee nie. Daar was al droogtes. Die afgelope paar weke het die dorp baie reën gekry.
Ek onderneem om hierdie brief binne 'n maand ook in Engels te vertaal en dit by die parlement en by Staatshuis af te lewer as dit nodig is. Iets is verkeerd, want daar was 'n begroting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie