Iets vir die gees
Hallo Ma,
Ek verstaan nie altyd mooi hoe die infrastruktuur is van die Plek waar Ma nou woon nie. Maar sê nou maar net dat die aarde, wat ék nou bewoon, ‘n plek is waar die infrastuktuur perfek is – soos by Ma-hulle. Die konstruksie van die broodnodige dam waar ek die voorman (voorvrou?) is, het vandag – soos al die ander dae – volgens plan gevorder. En vanaand by die huis het ek ‘n rustige hawe waar ek die spyse inneem wat my liggaam nodig het. Dit is om my heen sindelik as ek my kop neerlê vir die broodnodige slaap wat my liggaam versterk – sodat ek môreoggend kan opstaan, toegerus om terug te gaan na die bouterrein waar ek toesig moet hou oor die broodnodige dam wat gebou word. Het die mens dan nóg iets nodig? Of herhaal die perfekte siklus van 24 uur homself week ná week, maand ná maand, jaar ná jaar?
En hoe reageer die mens op so ‘n perfekte bestaan waar die hoofdoel is om die mens en haar planeet in stand te hou? Is dit genoeg?
Ek kan my dit net nie voorstel nie! Iets ontbreek! En die iets is ‘n element wat van my ‘n mens maak wat anders is as ‘n dier of ‘n robot of die perfek ontwerpte hardeskyf van ‘n rekenaar.
Stimulasie van my gees - dís wat makeer! Aangename impulse soos mooi klanke van musiek of ‘n gedig, of ‘n goeie boek. Daarsonder sou ons perfekte infrastruktuur eenvoudig vir my onleefbaar word. En Mamma, dít is wat ek en my span wil bereik met die Windhoek Woordfees hierdie jaar. Dit moet opwindende impulse uitstraal wanneer ons Afrikaans vier. Dit moet onaktiewe stringe DNS in die mens wakker maak om saam met die skepper en die Skepper ‘n positiewe gees daar te stel. Sodat ek die volgende dag weer kan terugkeer na my bouterrein en my boustene met vreugde kan lê. Maar wees van een ding seker, my Ma-wat-nou-in-die-perfekte-Plek-bly, in die dodelike perfeksie van my damwal sal ek ‘n prent teken wat dié mense wat dit sien, sal laat dink: “Dié bouvrou was nie perfek nie. Maar kyk daai bakgat engel oppie damwal!”
Baai my Ma
www.windhoekwoordfees.com
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie