Ikarus rdeur Deon Meyer
Ikarus rdeur Deon Meyer

Ikarus deur Deon Meyer

Elvira Hattingh
Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het.
Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar omstandighede is nie normaal nie.
Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes.
En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer.
Kersfees sal nooit weer ­dieselfde wees nie.
Deon Godfrey Meyer is op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoër­skool Schoonspruit in Klerksdorp. Hy studeer aan die PU vir CHO en volg ’n BA-kursus met Engels en Geskiedenis as hoofvakke. Hy behaal later ’n honneursgraad aan die Universiteit van die Vrystaat.
In die 1980’s het hy as joernalis by Die Volksblad gewerk, asook by die Universiteit van die Vrystaat se Skakelburo en in 1989 begin hy by Sanlam in Kaapstad as ­reklame-kopieskrywer.
In 1991 word hy aangestel as bestuurder van interne kommunikasie en skeppende direkteur van Sanlam se Reklame-afdeling.
Hy begin later sy eie maatskappy wat spesialiseer in die skep en bestuur van virtuele gemeen­skappe op die internet, en daarna was hy die bestuurder van spesiale projekte van BMW se motorfietsafdeling. Hy is op die oomblik ’n voltydse skrywer.
Deon Meyer se romans het al in meer as 25 tale verskyn. In Frank­ryk het hy twee groot pryse ingepalm vir die Franse uitgawes van sy spanningsromans - Le Grand Prix de Littérature Policiére 2003 vir Feniks en die Prix Mystère de la Critique 2004 vir Orion. Proteus verskyn op die langlys vir die IMPAC literêre toekenning en die Duitse vertaling het in 2006 die Deutsche Krimi Preis in die internasionale kategorie ontvang.
Die misdaad en spannings­roman (ISBN: 9780798169776) word deur Human & Rousseau uitgegee.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!