Ikoniese motors uit ou kelder haal miljoene
12 voertuie meer as N$30 miljoen werd
Van tyd tot tyd hoor ’n mens van ’n ou, stof-oortrekte motor wat iewers onder ’n seil in ’n skuur gevind is.
Vergete sedert sy vorige eienaar die tydige met die ewige verwissel het en sy kleinkinders net so gou as moontlik van sy pakkaas in die skuur ontslae wil raak. Net om ’n skaars ryding van ’n halfeeu (of meer) gelede te vind wat onskatbaar in hedendaagse waarde is.
Wel, in ’n Switserse kasteel is onlangs ’n soortgelyke ontdekking gemaak, wat eindelik ’n ligte opskudding by ’n Belgiese motorveiling veroorsaak het.
Toe die seile in die kasteel se kelder opgelig is, het die nuwe eienaars op ’n versameling motors afgekom wat entoesiaste se mond sal laat water.
12 voertuie is gevind waarvan ses op hul dag werklik ikoniese rygoed was. Dit sluit in ’n Mercedes-Benz 300 SL Roadster van 1958, ’n Rolls-Royce Silver Ghost Double Phaeton (1921) en ’n Phantom II (1934), ’n Lamborghini Espada, en ’n Maserati Ghibli SS en Indy America.
Van die nuwer motors in die versameling was ’n Aston Martin V8 Volante (1980), ’n Merc 500 SLC (1981), ’n Ford Mustang (1973) en ’n Maserati Quattroporte II van 1967. Twee Jaguar E-Types het die versameling afgerond.
Dat die eienaar ’n motorentoesias was, is nie te betwyfel nie. Dat hy ook goeie smaak gehad het, is duidelik.
Veral die Merc 300 SL is vandag ’n gesogte en skaars item. Sy lyne is klassiek en sy ren-DNS onberispelik danksy talle seges in die 1950’s se klassieke uithourenne. Hieronder tel die Mille Miglia en die Carrera Panamericana.
Dít was dan ook wat die bieërs gedink het toe die 12 motors verlede week in België onder die hamer gekom het. Twee bieërs het rêrig belang gestel in die 300 SL – in só ’n mate dat die prys eindelik ’n massiewe US$1 262 860 gehaal het.
Dit is sowat N$17 miljoen in ons taal, of ’n huisie by die see, met ’n uitsig, ’n gholfbaan en ’n knaap wat jou drankies na die borrelbad bring.
Twee ander van die 12-tal eksotiese rygoed wat die bieërs laat regop sit het, was die Ghibli SS (US$196 000) en Aston Volante (US$193 000).
Die 12 motors het altesaam US$2,3 miljoen gehaal, of dan meer as N$30 miljoen.
Dís mos nou ’n motorhuis – en versameling – wat by ’n kasteel pas. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie