IKR su00ea beplanning vir T20-WB gu00e1u00e1n voort
IKR su00ea beplanning vir T20-WB gu00e1u00e1n voort

IKR sê beplanning vir T20-WB gáán voort

Krieket
Andrew Poolman
Die Internasionale Krieketraad (IKR) berei steeds voor vir die T20-Wêreldbeker-toernooi (T20-WB) asof dit vanjaar in Oktober en November gaan plaasvind en ontken gerugte dat daar reeds besluit is om die toernooi uit te stel.

In die Indiese media is berig dat IKR-lede reeds besluit het om die toernooi weens die Covid-19-pandemie tot 2022 uit te stel, maar die IKR het aan Reuters gesê geen besluit is nog oor dié toernooi geneem nie.

Die T20-WB is vir 18 Oktober tot 15 November in Australië gereël.

Die IKR-raad vergader Donderdag en sal dan verskeie kwessies rakende die pandemie bespreek, waaronder die lot van die T20-WB.

Ofskoon Australië een van die suksesvolste lande is met die beperking van die verspreiding van die koronavirus, kan reisbeperkings die T20-WB kelder.

Die Indiese Krieketbeheerraad (BCCI), wat gasheer vir die T20-WB in 2021 moet speel, hou die verwikkelinge fyn dop.

As vanjaar se T20-WB uitgestel word, kan die Indiese Premierliga (IPL) moontlik in daardie tydperk aangebied word. As die uitgestelde IPL nie plaasvind nie, kan dit die BCCI $530 miljoen kos.

Die BCCI het ander probleme ook.

Nadat die BCCI nie belastingvrystelling vir die toernooi by die Indiese regering gekry het nie, het die IKR dié beheerliggaam meegedeel dat hy hom die reg voorbehou om die T20-WB van 2021 elders heen te skuif, berig ESPNcricinfo.

Die IKR het die BCCI tot 18 Mei 2020 gegee om te bewys dat die Indiese regering tot ’n belastingvrystelling ingestem het, maar die BCCI het om uitstel tot 30 Junie vanjaar gevra.

Die BCCI hou force majeure (die invloed van onvoorsiene toestande) voor as die rede waarom hy uitstel vra, maar die IKR het dit verwerp.

Die webtuiste berig dat die IKR steeds bereid tot samesprekings met die BCCI sal wees.

• Intussen het die Covid-19-pandemie ook op die Nieu-Seelandse Krieketunie (NZC) toegeslaan.

NZC sal 15% van sy poste sny en probeer om nagenoeg R65 miljoen aan bedryfskoste te bespaar.

Die uitvoerende hoof, David White, het NZC se 80 personeellede Woensdag van die beplande besnoeiings ingelig. Dit sal help om befondsingsvlakke op provinsiale en distriksvlak vol te hou en te voorkom dat die plaaslike program ingeperk moet word.

Spelers en personeellede van die nasionale mans- en vrouespanne sal nie deur die besparingsmaatreëls geraak word nie. – Reuters, ESPNcricinfo, Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!