Ileni-gemeenskap in nood ná kitsvloede

Die gemeenskapslede van die Ileni- nedersetting op Keetmans­hoop het die munisipaliteit om hulp genader vir beter lewens­omstandighede.
Monque Adams
Monique Adams op Keetmanshoop – Ná 'n baie warm Desembermaand en met die aanbreek van 'n nuwe jaar het vele Namibiërs vir reën gebid, maar dit was nie die geval vir gemeenskapslede in Keetmanshoop se informele nedersetting Ileni in nie.

Die Meteorologiese Dienste van Namibië het sedertdien wydverspreide donderbuie voorspel en kitsvloede het sedert 11 Januarie in die hoofstad en elders in die Khomasstreek en in die suidelike deel van die land – veral die ||Kharasstreek – voorgekom.

Me. Ursula Swartz, 'n enkelma van vier kinders, is al vir meer as agt jaar lank 'n inwoner van dié nedersetting en is ongelukkig oor haar lewensomstandighede.

“Wanneer dit swaar reën, loop die water soos 'n rivier in my erf en vloei my huis binne, wat skade aan my bed en my besittings veroorsaak.

“Die plafon van die huis lek ook wanneer dit reën. Ons het die lekplek probeer toemaak, maar met sterk winde wat waai, is dit onmoontlik om dit in plek te hou,” het sy gesê.

Haar buurvrou, me. Anna-Marie Isaacks, is oor dieselfde kwessie ontevrede. “Ons slaap onder water,” vertel sy. Beide het 'n pleidooi om hulp aan die Keetmanshoop-munisipaliteit gerig.

Een van sy projekte vir die nuwe jaar, sê die munisipaliteit, is die proses om alle informele gebiede te formaliseer.

“Om sekere areas met G5-materiaal (natuurlike gruis) op te vul, kan help om stormwater te beheer. Ons kan dié moontlikheid op die terrein ondersoek en van daar af verder bystand lewer,” het mnr. Sameul Nashima, die tegniese bestuurder by die Keetmanshoop-munisipaliteit, gesê.
[email protected]

FOTO’s Verskaf
Die wal wat me. Anna-Marie Isaacks gebou het om die water uit haar huis te probeer hou.
Die plafon en kombuisarea van me. Ursula Swartz se huis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!