Ileni Pamwe-projek hou uitstalling
Die Omba-galery in Windhoek hou tans ’n ongetitelde uitstalling van die Ileni Pamwe-projek vir visuele kunste.
Dit bevat ’n verskeidenheid werk van projeklede, onder leiding van die visuele kunstenaar David Amukoto.
Die projek bestaan uit tien visuele kunstenaars wat ’n verskeidenheid tegnieke ten toon stel, en onder meer kartonafdrukke, hout- en metaalbeeldhouwerk, gemengde media-skilderye en tekstielontwerpe insluit.
DIE KUNSTENAARS
Die Ileni Pamwe-projek is ’n koöperasie van Namibiese visuele kunstenaars, van wie die meeste oudstudente van die John Muafangejo-kunssentrum in Katutura en die Kunstekollege (Cota) is.
Die projek is geskep om die vaardighede van werklose kunstenaars in Namibië ten toon te stel, asook hulle by te staan met die verkoop van hul werk. Dit fokus ook op die soek na en vestiging van projekgebaseerde en komissiewerk vir kunstenaars. Sedert 2012 het 35 werklose Namibiese kunstenaars by die projek gebaat.
Die Ileni Pamwe-projek, wat deur Bank Windhoek geborg word, hou jaarliks twee tot drie uitstallings. Die projek is reeds suksesvol by die Nasionale Kunsgalery en die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) in Windhoek en die Swakopmund Kunsgalery uitgestal.
Amukoto, wat vanaf 1998 tot 2001 visuele kuns by die John Muafangejo-kunssentrum gestudeer het, spesialiseer in kartonafdrukke. Hy bied werkswinkels in die plaaslike gemeenskappe aan en glo sterk dat Namibiese kunstenaars se bydraes tot die land se ontwikkelende estetika hul doel en uitdrukking vind in projekte soos Ileni Pamwe.
MEER OOR OMBA
Die Omba-galery is ’n private, kommersiële galery en word beskou as een van Namibië se uitstaande uitstallingvenues. Hier kan kunsliefhebbers en -versamelaars byeen kom en saam kuns van hoogstaande gehalte waardeer.
Die uitstalling is tans oop vir die publiek en duur tot 31 Januarie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie