Imalwa moet besluit oor Grünschloss-bedrogsaak
Jessica Botes
Die verhoor van mnr. Karel Grünschloss en sy medebeskuldigde op ’n klag van bedrog is tot November uitgestel.
Dit volg nadat die polisie sy ondersoek afgehandel het en die besonderhede na die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, gestuur is sodat sy kan besluit hoe die saak voortgesit moet word.
Grünschloss, die vermeende meesterbrein agter ’n ouditverslagskema waarin minstens drie sakemanne miljoene dollar as omkoopgeld aan hom sou oorhandig, sal saam met mnr. Eustace Mujohn weer op 18 November in die Windhoekse landdroshof verskyn.
Grünschloss en Mujohn is aan die begin van April 2015 deur die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) in Windhoek weens omkopery en bedrog aangekeer.
Hulle het volgens die staat saamgewerk om N$1 miljoen van mnr. André Blaauw, die eienaar van Blaauw’s Transport, in ruil vir ’n voordelige ouditverslag te kry.
Mujohn, ’n senior belastingbeampte by die ministerie van finansies se forensiese afdeling, het glo sy posisie misbruik om inligting oor mense en maatskappye wat deur die ministerie geoudit was, vir Grünschloss te gee.
Sy betrokkenheid by die beweerde omkopery is glo deur lede van die ACC ontdek deur middel van bewyse wat in Grünschloss se besit gevind is.
Nadat die twee beskuldigdes in hegtenis geneem is, het die ACC ontdek dat minstens drie ander sakemanne onder dieselfde skema deurgeloop het.
Grünschloss is op 29 April 2015 deur landdros Ruth Herunga N$500 000 borgtog toegestaan terwyl Mujohn N$20 000 vir sy borgtog moes opdok.
Die hoofondersoekbeampte van die ACC, mnr. Nelius Becker, het tydens die borgtogverhoor getuig dat hy aan die begin van die ondersoek gesukkel het om ’n saak teen Mujohn te bou en dat meeste van die bewyse vir Grünschloss by die beweerde oortredinge betrek het.
Becker het gesê dat hy kon vir Mujohn met die beweerde oortredinge eers betrek het toe hy op Grünschloss se selfone beslag gelê het.
Becker het SMS’e en bandopnames van gesprekke tussen Grünschloss en Blaauw gehad, wat volgens hom vir Grünschloss ernstig geïnkrimineer het.
Herunga het borgtog aan die twee mans toegestaan op voorwaarde dat hulle nie die getuies mag kontak wie se name op die lys verskyn wat deur die ACC opgestel is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie