Imalwa: Yslanders nié onaantasbaar
Hofdokumente toon dat lasbriewe vir die inhegtenisneming van drie Yslandse direkteure op 29 April uitgereik en 'n versoek om wedersydse regshulp aan dié land gestuur is.
Jemima Beukes – Me. Martha Imalwa, die aanklaer-generaal (AG), het gesê drie Yslandse direkteure wat ses vismaatskappye in Namibië bestuur het, is onder die wanindruk dat hulle onaantasbaar is.
In 'n beëdigde verklaring van 70 bladsye het Imalwa beklemtoon dié entiteite, wat deur mnre. Ingvar Júlíusson, Egill Helgi Árnason en Aðalsteinn Helgason van die Yslandse maatskappy Samherji bestuur is, is in Namibië gevestig en daar op die maatskappy beslag gelê kan word ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca).
Hofdokumente toon dat lasbriewe vir die inhegtenisneming van Júlíusson, Arnason en Helgason op 29 April uitgereik en 'n versoek om wedersydse regshulp aan Ysland gestuur is, waarop dié land gereageer het met 'n geënkodeerde USB-hardeskyf met e-posse wat van Samherji se bedienernetwerk onttrek is.
Intussen het Imalwa die Yslanders se aanspraak verwerp dat hulle nooit beskuldigdes voor 'n Namibiese hof sal wees nie weens Ysland se beweerde weiering om sy burgers uit te lewer nie.
Hulle het verder gesê die AG kon nie bewys dat strafregtelike klagte teen hulle aanhangig gemaak moet word, óf dat daar redelike gronde is om te glo dat 'n bevel uitgereik sal word om beslag op dié maatskappye te lê nie.
Volgens Imalwa is hierdie bewering misleidend en is hul oortuiging dat hulle nooit uitgelewer kan word nie, gebrekkig en voorbarig.
“Ten minste een direkteur van die ses maatskappye word in sy persoonlike hoedanigheid aangekla. Lasbriewe vir hul inhegtenisneming is uitgereik, soos blyk uit afskrifte daarvan. Namibië het nie 'n formele versoek aan Ysland gerig vir die uitlewering van die direkteure van hierdie maatskappye nie, aangesien die verweerders nie voorheen aanspreeklik was vir uitlewering nie.
“Ysland sal slegs die gesag hê om uitlewering te weier as die betrokke persoon of persone in Ysland is,” het sy gesê. Die Namibiese hof moet oortuig wees dat 'n vervolging ernstig nagejaag word, het sy benadruk.
“Die feit dat hierdie direkteure buite Namibië is, keer die land nie om die middele ingevolge Poca te gebruik nie,” het Imalwa bygevoeg.
BEVESTIG
Imalwa het ook daarop gewys dat sy die mag het om beslag te lê op geld wat in die gesamentlike rekening van die M/V Heinaste gehou word onder 'n beslagleggingsbevel wat wêreldwyd bindend is.
Sy het ook die Yslanders se aanspraak ontken dat daar geen bewyse is dat Samherji op 'n onvanpaste wyse voordeel getrek het uit die betaling van Namgomar-gebruikskoste aan buitelandse benoemde maatskappye nie.
“Dit is in my stigtingsverklaring uiteengesit dat Samherji voordeel getrek het uit hierdie korrupsieskema deur toegang tot die onwettig-toegekende kwotas met 'n totale markwaarde van N$547 600 000 te verkry, waartoe hulle nie toegang sou hê as dit nié vir korrupte bedrywighede in Namibië was nie. Ek bevestig dit,” het sy gesê.
Imalwa het ook Samherji se aantyging afgeskiet dat sy Namibiese besighede heeltemal van Ysland afgesonder is en dat Samherji nie veronderstel is om te reageer op bewerings rakende sy maatskappye in buitelandse jurisdiksies nie.
HOKAAIROEPER-KWESSIES
Die AG het gesê dit is heeltemal onvanpas om van die hof te verwag om die geskil oor feite en geloofwaardigheid van getuies soos die Fishrot-hokaairoeper, mnr. Jóhannes Stefánsson, te oorweeg wat as 'n selferkende misdadiger met 'n persoonlike vendetta teen Samherji beskou word.
Sy het ook gesê Stefánsson is aangestel as die direkteur van vyf Samherji-maatskappye om hul belange – wat strafregtelik aanspreeklik is – te bevorder, selfs al het hy alleen opgetree, wat nie die geval is nie.
Volgens haar is die vraag in hierdie stadium nie of die getuienis aanvaar word nie, maar eerder of dit op grond van alle getuienis – insluitend Stefánsson s'n – blyk of daar redelike gronde is om te glo dat beslagleggingsbevele teen die ses maatskappye uitgereik kan word.
Sy glo haar bewyse voldoen aan hierdie toets, het Imalwa bygevoeg.
“Verder is dit in elk geval hoogs onwaarskynlik dat Stefánsson heeltemal op sy eie betrokke sou raak by die grootskaalse bedrog, ten bate van die verweerders, en sonder die kennis en samewerking van dié kollegas. Uit die feite wat in my stigtingsverklaring uiteengesit is, is dit ook duidelik dat die ander direkteure van die ses maatskappye deeglik bewus was van die komplot rakende die toewysing van Namgomar-viskwotas,” het sy gesê.
Die AG het e-pos korrespondensie tussen Stefánsson en mnr. James Hatuikulipi, wat terugdateer na 8 Maart 2014, aangehaal en gesê al die verweerders het duidelik die samewerking van ministers van beide Namibië en Angola nodig gehad om hul komplot suksesvol te maak.
“Benewens hierdie e-posse, bevestig Juliusson verder in sy beëdigde verklaring hy was daarvan bewus dat nie al die gebruiksgelde – ingevolge die ooreenkoms tussen Esja Holding en Namgomar – aan Namgomar betaal moes word nie en dat hy daarna betalings uit buitelandse rekeninge in Tundavala gemaak het.
“Verder het vertaalde e-posse op Samherji se bediener in Ysland onthul dat die direkteure van die ses ondernemings deeglik bewus was van dié plan,” het sy gesê.
OMGEKOOP
Volgens die e-posse, het sy gesê, het Stefánsson op 12 Desember 2011 aan Helgason geskryf om hom op hoogte te bring van die vordering wat hy in Namibië gemaak het.
“Dit is beklemtoon, vermoedelik in verwysing na Samherji, dat daar 'na hulle omgesien sal word' en dat 'n moontlike konsepaanbod later met Tamson Hatuikulipi bespreek sou word. Op 16 Desember 2011 het Helgason 'n e-pos aan Stefánsson en Juliusson gestuur waarin hy gesê het: '... In 'n stadium kan dit 'n verskil maak om een van die leiers van hierdie mans om te koop'.”
Volgens haar is omkoopbedrae onder die dekmantel van 'n memorandum van verstandhouding bespreek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie