Imbuwa stel Namibië eerste
Vlugbal
Die Namibiese Vlugbalfederasie (NVF) se president, Hilary Dux Imbuwa, is aangestel as 'n lid van die bemarkingskommissie van die Konfederasie van Afrika-vlugbal (CAVB).
Sy aanstelling is deur die CAVB-president, Bounchra Hajij, en die NVF se hoofbeampte, Helmut Angula, bevestig.
"Ek is bly om jou aanstelling as lid van die bemarkingskommissie binne ons konfederasie te bevestig soos ooreengekom op ons raadsvergadering wat in Augustus 2021 gehou is," lui Hajij se brief.
Angula het gesê Imbuwa was instrumenteel in die hervorming van beleide en die grondwetlike raamwerk vir die verbetering van die NVF.
Hy het gesê Imbuwa en sy bestuurders asook direksie het die federasie se strukture omskep met die doel om ontwikkeling op streekvlak te bevorder wat in ooreenstemming met die NVF se strategiese plan tot 2025 is.
"Imbuwa se aanstelling sal dien as 'n geleentheid om Namibiese vlugbal deur die kontinentale liggaam aan verskillende platforms bloot te stel," het Angula gesê.
Imbuwa was vandeesweek vir kommentaar genader en hy het gesê sy aanstelling beteken Namibiese vlugbal is op die regte pad om internasionale hoogtes te bereik.
"Dit sal my nie alleen bevoordeel nie, maar dit sal die hele Namibië insluit. Dit maak deure oop vir my om Namibiese vlugbal na die hele Afrikavasteland te bemark en ek gaan die land wat sport betref as 'n geheel bemark," het hy gesê.
Donald Doeb, sekretaris-generaal van die NVF, en die Verre Noorde Vlugbalvereniging se sekretaris-generaal, Festus Hamukwaya, het Imbuwa se aanstelling verwelkom en gesê dit sal hom blootstel aan geleenthede wat uiteindelik tot voordeel van Namibiese vlugbal kan wees. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie