IMF: Eskom is spil van al SA se probleme
Die fonds sê die land moet steun aan staatsondernemings voorwaardelik maak op “goed gedefinieerde bestuurs-, bedryfs- en finansiële prestasieteikens”.
Hanlie Stadler – Eskom bly die grootste risiko vir Suid-Afrika se geldsake en ekonomie, sê die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) in ’n nuwe verslag.
Die IMF sê as die regering Eskom se “uitdagings” oplos, sal dit nie net die land se begrotingstekort en skuld verminder nie, maar ook sakevertroue verbeter, private investering aanmoedig en ’n “opregte ambisie deur die owerhede om die nalatenskap van staatskaping te takel, weerspieël”.
Die art. IV-verslag is uitgereik nadat direkteure van die IMF die land in November 2019 besoek het en onder meer met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Tito Mboweni, minister van finansies, Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, en Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, vergader het.
Alle lidlande van die IMF is minstens een keer per jaar onderhewig aan ’n art. IV-besoek van die IMF, waartydens hy ekonomiese en begrotingsyfers insamel en beleid bespreek.
Die IMF sê die land moet steun aan staatsondernemings voorwaardelik maak op “goed gedefinieerde bestuurs-, bedryfs- en finansiële prestasieteikens”.
Benewens die risiko’s wat staatsondernemings skep, sê die IMF die regering moet sy gordel stywer trek en die geld wat hy wel bestee, meer doeltreffend bestee. Veral besteding aan onderwys en gesondheid moet verbeter in die lig van hoë werkloosheid en armoede.
“Die komende begrotingsbespreking (die begrotingsrede van Mboweni op 26 Februarie) is ’n geleentheid vir owerhede om die nodige hervorming te onderneem, en die direkteure stel voor dat die staatsdiens se salarisrekening en fiskale gebeurliksheidsrisiko’s van staatsondernemings verminder word, tesame met verbeterde belastingadministrasie en -voldoening.”
Die IMF wys daarop dat ongelykheid in die land – reeds een van die ongelykste samelewings ter wêreld – steeds aanhou styg. Veral werkloosheid onder jong mense is kommerwekkend hoog.
“Terwyl die gesofistikeerde dienstesektor groei, stagneer die meeste ander sektore of krimp dit in.”
Die regering het “geen fiskale ruimte” nie, sê die IMF.
Die IMF gee wel ’n pluimpie vir die Reserwebank se “geloofwaardige inflasieteiken-regime en buigsame valutakoersstelsel” en die land se goed ontwikkelde finansiële stelsel. Die IMF sê die Reserwebank se onafhanklikheid moet beskerm word, en fiskale beleid moet verbeter omdat monetêre beleid alleen nie ekonomiese groei kan stimuleer nie.
Dis ’n boodskap wat die Reserwebank self ook die afgelope maande herhaaldelik oordra.
Die tesourie het in ’n verklaring oor die IMF-verslag gesê hy besef dat Suid-Afrika op ’n moeilike tydstip in sy ekonomie is.
“Die tesourie is bewus van die fiskale risiko’s wat staatsondernemings, veral Eskom, vir die fiskale raamwerk skep. Daar is ook ’n verbintenis om die uitdagings van die Suid-Afrikaanse Lugdiens op te los.
“Die regering het vordering gemaak om baie van die hervormings in te stel om die ekonomie te laat herleef, maar groter dringendheid word vereis wat die spoed van inwerkingstelling betref.”
Die tesourie sê hy bly daartoe verbind om verstandige fiskale beleid in werking te stel om ’n lae primêre begrotingstekort teen 2022-’23 te verseker. Die primêre begrotingstekort sluit voorsiening vir Eskom se hulppakkette uit.
“Die regering bly daartoe verbind om Suid-Afrika vorentoe te neem en sterk, volhoubare, gebalanseerde en inklusiewe groei te verseker wat die lewe van alle Suid-Afrikaners sal verbeter.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie