IMF snoei syfers oor SA groei
Hanlie Stadler – Van 1,4% tot net 0,4%.
Dis hoe die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se verwagting vir Suid-Afrika se ekonomiese groei vir 2019 agteruitgegaan het.
Die IMF het Maandag op die vooraand van die Wêreld- Ekonomiese Forum sy kwartaallikse Wêreld- Ekonomiese Vooruitsig uitgereik. Die liggaam het sy groeiverwagting vir 2019 van 0,7% in Oktober tot net 0,4% afgeskaal. Dit was egter in Oktober 2018 so hoog as 1,4%.
Vir 2020 het die IMF sy verwagting van 1,1% tot 0,8% afgeskaal. Vir 2021 word 1% voorspel.
Die IMF sê: “Strukturele beperkinge en die agteruitgang van die staat se geldsake hou sakevertroue en private investering terug.”
Die IMF het ook sy verwagting vir die wêreldekonomie afgeskaal, maar met net 0,1 van ’n persentasiepunt tot 2,9% in 2019 en tot 3,3% in 2020. Vir 2020 is die verwagting met 0,2 van ’n persentasiepunt afgeskaal tot 3,4%.
Die Reserwebank het ook verlede week sy groeiverwagting vir Suid-Afrika vir 2019 afgeskaal tot 0,4%, en die Wêreldbank syne net die vorige week.
Vir 2020 is sowel die Reserwebank as die Wêreldbank nog effens meer optimisties as die IMF, met verwagtinge van onderskeidelik 1,2% en 0,9% teenoor die IMF se 0,8%. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie