IMF temper wéér sy hoop vir wêreldgroei
“Foute” in beleidsrigtings met betrekking tot veral handel en Brexit het 'n aanvanklik verwagte omkeerpunt vir die wêreldgroei laat ontspoor.
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het weer sy vooruitsig vir die wêreld- ekonomiese groei verlaag – dié keer tot die traagste groei sedert die finansiële krisis van 2008.
Die IMF sê Dinsdag “foute” in beleidsrigtings met betrekking tot veral handel en Brexit het 'n aanvanklik verwagte omkeerpunt vir die wêreldgroei laat ontspoor.
In die IMF se jongste kwartaalverslag oor die wêreld se ekonomiese vooruitsigte verwag hy nou groei van slegs 3,2% vir die wêreldekonomie, teenoor die verwagte 3,3% in April. Ook die vooruitsig vir 2020 is laer vanaf 3,6% tot 3,5% aangepas.
Dit sal die eerste keer sedert die wêreldwye resessie en finansiële krisis van 2008-'09 wees dat wêreldgroei laer as 3,3% is.
“Die verwagte groei in 2020 is onseker, en berus op die veronderstelling dat stabilisering in gespanne ontluikende markte en ontwikkelende ekonomieë sal geskied, maar ook dat vordering met die oplossing van handelsbeleidsverskille gemaak sal word,” sê die IMF.
Die IMF het ook sy vooruitsig vir wêreldhandel verswak. Sy verwagting van groei in wêreldwye handelsvolumes is nou met 0,9 van 'n persentasiepunt tot slegs 2,5% vir 2019 aangepas.
Sedert die IMF se laaste voorspellings in April het die Trump-administrasie die tariewe op Chinese invoer beduidend verhoog, en China het op sy beurt uit weerwraak met dieselfde stappe gereageer. Die twee lande het wel einde Junie ingestem om samesprekings te hervat om meer tariewe te probeer vermy.
“Die belangrikste risikofaktor vir die wêreldekonomie is dat ongunstige ontwikkelings – waaronder verdere tariewe tussen die VSA en China, Amerikaanse motorinvoertariewe teenoor die res van die wêreld, of 'n Brexit sonder 'n ooreenkoms – sakevertroue laat verswak, beleggings laat afneem, wêreldwye voorraadkettings ontwrig en wêreldgroei erg belemmer,” het die IMF gesê.
Gita Gopinath, hoofekonoom van die IMF, het in 'n onderhoud met Bloomberg veral kommer uitgespreek oor die voortslepende handelsoorlog tussen die VSA en China.
“Dit is dringend noodsaaklik om hierdie handelsoorloë so gou as moontlik te beëindig, om dit nie te laat eskaleer nie, en ook om die tariewe wat reeds in werking is te laat vaar.”
– Netwerk24/Bloomberg,verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie