Imke se kreatiwiteit kry vrye teuels
Namibië se Twyfelfontein en Swede se Erik-Andersgården-plaashuis word deur kuns verbind.
Tanja Bause – Imke Rust, die Namibiese kunstenaar wat die Wêrelderfenis Studiebeurs vir 2021 gewen het, het haar installasie in Swede voltooi.
Dié studiebeurs van die Gävleborgstreek in Swede is vir die derde keer beskikbaar gestel. Imke het 5 000 euro ontvang om ’n kunswerk te skep wat twee Wêrelderfenisgebiede verbind, naamlik Twyfelfontein in Namibië en die Erik-Andersgården in Söderala in Swede.
“Tydens my beurs het ek ’n installasie – waardeur mense kan stap – in ’n verlate hut in die nabygeleë woud geskep. Dit verbind die versierde plaashuise van die 19de eeu en die Namibiese Wêrelderfenisgebied Twyfelfontein met sy oor die 2 500 rotstekeninge wat in die laaste 5 000 jaar geteken is,” het Imke, wat nou in Duitsland woon, gesê.
Volgens Imke verskil die twee plekke op die eerste oogopslag baie van mekaar. Nie net is hulle ver van mekaar geleë nie, maar het hulle ook jare uitmekaar ontstaan.
“Die plekke word verenig deur die universele menslike behoefte om kreatief in die omgewing te wees en om nuwe en alternatiewe realiteite deur kuns te skep.”
Die boere van Hälsingland het die mure van hul feeshuise geverf en versier om ’n gevoel te skep van dit wat vir hulle onbereikbare luukses was soos marmer, fyn sypapier en kiaathout. Baie jare voor dit het die San deur hul rotstekeninge op Twyfelfontein verhale uitgebeeld van hoe hulle magiese dierlike magte deur dans gekry het.
KUNSWERK
Die titel van die installasie is Drawing Certainty from the Spring of Doubt.
“Aan die begin was ek vir lank nie seker hoe ek die projek gaan implementeer nie. Daar was so baie dinge wat nie duidelik was nie en waaroor ek onseker was. In ’n stadium het ek gedink hoe ironies dit is dat ek met ’n plek genaamd Twyfelfontein (die bron van twyfel) werk terwyl ek hoop en wag vir duidelikheid en sekerheid. Deur hierdie proses het ek besef dat hierdie onsekerhede miskien die opwindende is en dat ek daaruit kan en moet put en dus dié titel.”
Imke het ’n verlate en ietwat vervalle hut in die nabygeleë omgewing van die Wêrelderfenis-plaashuis Erik-Andersgården gevind en was onmiddellik gefassineer.
“Ek het gedink om in plaas van die kuns direk op die plaashuis te installeer, iets wat ek ook nie wou doen nie uit respek teenoor die geskiedenis en die plek, sou dit nie wonderlik wees as ek my eie plek in die omgewing het waar ek kan skep sonder dat ek bang moet wees dat ek dalk iets belangriks kan vernietig nie. Vir my het die hut ook ’n bietjie meer verbintenis met Namibië gehad; dit was nie so gepoets en netjies soos die Wêrelderfenisplase nie. Dit was soos om toevallig ’n grot te betree en groot dinge binne te ontdek wat die verhaal vertel van wat daar was en gebeur het.”
“Met materiaal uit die omliggende omgewing, soos hout, metaal en selfs ’n telefoonboek van 1960, het ek die binnekant van die onopvallende hut omskep in ’n soort magiese kamer van wonders waarin elemente van beide plekke in gesprek met mekaar tree en mekaar verbind.”
Imke is nie ’n kunstenaar wat konvensioneel, strategies en doelgerig werk nie. Een van haar wagwoorde is “vertrou die proses”. Gewoonlik moet baie klein dinge gebeur voordat die groot ding in plek val.
“Ek het ’n vae idee gehad, maar ek was ook oop vir die kreatiewe proses om te gebeur. Die plekke en die materiaal vertel my wat ek volgende moet doen. Dit is soos ’n dialoog. Kommunikeer met die plekke en die voorwerpe en vra hoe hulle bymekaar wil kom en dinge sal gebeur en in plek val. Net soos die San-mense van Namibië, probeer ek ’n perfekte balans tussen die terrein, natuur en kuns vind. Die kuns moet ’n natuurlike deel van sy omgewing word. Afhangend van die situasie kies ek die materiaal en prosesse om kortstondig, tydelik of duursaam te wees,” het sy gesê.
Imke is ’n multimediakunstenaar wat beteken dat sy beskikbare materiaal uit haar omgewing gebruik om te skep soos byvoorbeeld die telefoonboek.
“Ek hou daarvan om so te werk, om net te luister en te voel en die proses te aanvaar. Op ’n manier kan dit ook frustrerend wees. As persoon is ek baie gestruktureerd en wil ek graag ’n plan hê van wat om volgende te doen. Daar kan soms bietjie konflik wees.”
HUT
Die hut bestaan uit twee kamers. Die eerste kamer het hoofsaaklik rooi houtmure gehad en ’n metaalvoorwerp wat uit die vloer gekom het.
“Ek het aangeneem die metaalvoorwerp was ’n groot waterkraan en dat dit die waskamer was. Die tweede kamer het ’n ou houtstoof in gehad; ek het aangeneem dit was eens die kombuis. In die kamer kon ’n mens verskeie lae tapyt teen die mure sien. Die laaste een was ’n subtiele wit patroon, die een voor dit was ’n blou-grys blompatroon en die eerste een koerantpapier. In die plaashuise was daar meestal ’n feessaal en net langsaan ’n Bride’s Chamber en ek het die idee gevat en die een kamer die Bride’s Chamber gemaak.”
“Die eerste kamer was toe soos die feessaal vir my, maar in Namibië waar die rotstekeninge waarskynlik van danse van die sjamaan ontstaan het, het die kamer The Sharman’s Hall geword. Ek het elemente van Twyfelfontein en van die muurskilderye van die plaashuise wat meestal met sjablone gemaak is om soos muurpapier te lyk, gevat en twee verskillende patrone ontwerp en op die blaaie van die telefoonboek geteken. Ek het hulle dan soos ’n tapyt op die mure geplak. Selfs die onderlaag (telefoonboekbladsye) het te doen met verbindings tussen mense en verbindings terug na die verlede.”
In die middel van die kamer hang ’n wankelrige kinderstoel in die lug wat Imke in die hut gevind het en as ’n sentrale punt wou omskep.
“Die hangende stoel weerspieël ’n bietjie van die magiese gevoel wat ontstaan wanneer die sjamane om die vuur dans en in hulle beswyming die gevoel van sweef ontwikkel het. Op die stoel is ’n sirkel met klein klippe waarop prente, wat deur Twyfelfontein geïnspireer is, op gegraveer is.”
“In The Sharman’s Hall is die metaalpyp met ’n groot kraan simbolies van die bron en verbinding met Twyfelfontein. Twyfelfontein heet oorspronklik /Ui-//ais, of /Ui-//Aes. Ook hier is ek nie seker wat die regte naam is nie. John Kinahan skryf dit altyd met ’n ‘e’ en omdat sy navorsing my baie gehelp het toe ek vir die projek voorberei het, het ek besluit om hierdie notasie te gebruik. Ek het die geskrewe woord, wat met die klikgeluide vir die Swede baie vreemd lyk, langs hierdie ‘bron’ gehang.”
Volgens Imke is die eerste kamer met sy tapyte bont en vrolik terwyl die tweede kamer meer wit is met baie min kleur. Die kamer is minimalisties en net natuurlike materiale is hier gebruik.
“In die Bride’s Chamber het ek kreatiewe verbindings geskep deur hout, klippe, bene, metaal en glasstukke wat ek opgetel het – alles materiaal wat ek in die omgewing gevind het. Die wit mure en die fyn patroon van die muurpapier en ’n wit selfportret wat ek op die muur gedruk het, het my die gevoel gegee hierdie kamer is meer vroulik en die ander een manliker.”
NIE PERMANENT NIE
Imke het veral in verband met die Wêrelderfenisbeurs baie daaroor nagedink oor hoe belangrik dit is (en of dit enigsins is) om dinge vir ewig te skep en te bewaar.
Sommige van die rotstekeninge is 5 000 jaar oud, en die plaashuise is amper 300 jaar oud. Volgens haar is dit wonderlik dat beide bewaar is en nou ook deur hul wêreldkultuurstatus nog lank bewaar sal bly.
“Ons kan deur hulle geïnspireer word en van hulle leer. Aan die anderkant dink ek tog dit is goed dat dinge vlugtig is en daardeur plek maak vir nuwe skeppings. Ons moet nie die wêreld onder museums en gedenktekens toegooi nie.”
Die hut behoort aan ’n boer wat Imke toegelaat het om dit vir haar installasie te gebruik.
“Maar ek was ook baie bewus daarvan dat ek, net soos die mense wat voorheen hierdie kamers gebruik het, slegs ’n klein deel van die hut se verhaal sou wees. En dit is goed.”
Imke het vir vier weke in die hut geskep en gewerk. Sy is nou terug in Duitsland en haar skepping is aan die wind en weer oorgelaat.
“So is dit met kuns. Ek vind die skeppingsproses uiters opwindend en bevredigend. Dit is altyd die eerste en belangrikste ding vir my. Wanneer ander mense dit dan waarneem, is dit lekker om die entoesiasme (byna letterlik – wanneer ’n mens deur die kunsgees geraak word) in mense se gesigte te sien.”
Op haar laaste dat in Swede het sy ’n klein opening van haar installasie gehou. Verteenwoordigers van die Gävleborgstreek, verskeie boere en mense wat ek in my tyd daar leer ken het, was uitgenooi.
“Die mense was almal aangenaam verras. Hulle het keer op keer terug in die hut geloop wanneer hulle buite in gesprekke met ander mense agtergekom het dat hulle ’n item of iets besonders op hulle ontdekkingsreis deur die hut misgekyk het. Nadat hulle die item dan gesien het, het hulle weer uit die hut gekom met ’n groot glimlag op hul gesigte en dan kan ek voel hoe my kuns mense inspireer en beweeg het. Dit is my tweede vreugde.”
“Ten slotte is dit vir my lekker om my voor te stel dat vreemdelinge nou na die installasie kan kyk en dat dinge mettertyd sal verander. Miskien verdwyn iets of kom daar iets by. Die twee lekkasies in die dak word beslis groter en groter. Miskien is daar oor 50 of 100 jaar nog ’n paar vreemde spore oor wat daarop dui dat ’n Namibiese kunstenaar twee spesiale plekke hier kreatief verbind het.”
“Gelukkig het ek in die vier werke in Swede nog baie meer kuns geskep – deur goed soos tekeninge, optredes en video-opnames – wat ek saamgevat het om by ander uitstalling te gebruik en te wys.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie