Imke skep groen kuns
Die Namibiese kunstenaar Imke Rust was een van net 12 genooide internasionale kunstenaars wat deelgeneem het aan die onlangse en eerste Abidjan Groen Kuns Biënnale in die Ivoorkus.
Die kunstenaars is gevra om nuwe kunswerke in die Parc National du Banco, een van die laaste primêre reënwoude in die land, te skep. Dit moes bewustheid oor die gevare van ontbossing skep en ook die noodsaaklikheid van omgewingsbewaring. Banco is ’n unieke, beskermde gebied van sowat 3 500 hektaar in die middel van die kusstad Abidjan.
Nog ’n vereiste van die biënnale was dat kunstenaars net materiaal kon gebruik wat hulle in die woud gevind het. Sou hulle enige bykomende materiaal benodig, moes dit natuurlik en bioafbreekbaar wees. Die kunstenaars mag ook nie enige lewende boom afkap of beskadig nie.
Rust, ’n multidisiplinêre kunstenaar wat tans in Duitsland gebaseer is, is bekend vir haar kunswerke wat sy in en met die natuur skep. Reeds in 2012 het sy bewusmaking oor omgewingskwessies in Namibië geskep met haar kunsprojek en uitstalling “An Infinite Scream” wat op die toenemende ontginning van uraan en planne vir ’n fosfaatmyn gefokus het.
Vir die biënnale het sy drie nuwe werke geskep.
Een is ’n reusenes gemaak uit takke en getitel “Circle of Life”. Nog een is geskep uit bamboes, takke en 'n natuurlike verf gemaak van poeier en kookolie. Dit word die “The Seven Gates of the Rainsnake” genoem. Die derde stuk, “The Passage”, is met klei op ’n dooie boom se stam geskep.
Volgens die stigter van die biënnale, die Ivoriaanse beeldhouer Jems Koko Bi, is al die kunswerke ’n welkome en poëtiese huldeblyk aan die woud.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie