Immanuel Shifidi kook in Katutura
Octavia Tsibes
Die Hoërskool Immanuel Shifidi is ’n regeringskool in die middel van Katurura. Die skool is in 1977 gestig as Hoërskool Katutura tot in 1986, toe dit herdoop is na Hoërskool Immanuel Shifidi. Die skool is na een van die Namibiese bevrydingstrydikone vernoem. Die oorlede Immanual Shifidi is by die skool se sportterrein vermoor.
"Toe ek in gr. 7 was, het ek na die hoërskool oorgegaan. Immanuel Shifidi was my eerste keuse, ten spyte daarvan dat die skool ver van die huis af was. Die skoolhoof is 'n baie gemotiveerde persoon en hy motiveer die leerlinge om altyd hul bes te doen," het Lucia Sheelongo, die skool se waarnemende hoofmeisie, gesê.
Sheelongo het verder gesê die skool het 'n goeie bestuur en die onderwysers is goed opgelei. Bekendes in die gemeenskap word soms genooi om leerlinge te motiveer.
"Onlangs het die skool leesperiodes ingestel om die skoolgemeenskap aan te moedig om te lees. Dit is 'n goeie stokperdjie vir leerlinge wat nie een het nie," het Sheelongo gesê.
Bekendes in die gemeenskap was in Hoërskool Immanuel Shifidi. Hulle is onder meer nou skoolhoofde, en die uitvoerende hoof van Luderitz se Waterfront is ook ’n voormalige leerling.
Die skool het sy deure in 1977 geopen en tans is daar ongeveer 1 000 leerlinge wat hoofsaaklik uit minderbevoorregte gemeenskappe kom. Hierdie leerlinge is meestal weeskinders of uit enkelouerhuishoudings.
"Shifidi is 'n skool met soveel potensiaal, bloot vanweë sy ligging. Die skool het goeie bestuur wat nie net in hul salarisse belang stel nie, maar ook in die leerlinge se vermoëns. Die skool verras die gemeenskap jaarliks met uitstekende resultate," sê Victor Hainana, die skool se waarnemende hoofseun.
Die 40ste herdenking van die skool is deur Shifidi se alumni aangebied.
Hulle het ook ’n pretdag gehad om geld vir die skool in te samel.
Die pretdag was ter viering van wyle Immanual Shifidi, wat op 16 September gebore is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie