Immigrante: Trump pak skuld op Demokrate
Amptenare van die Amerikaanse departement van justisie het besluit die kinders moet apart en in isolasie aangehou word.
Pres. Donald Trump van Amerika sê die beleid om ouers van hul jong kinders te skei wanneer hulle onwettig oor die land se suidelike grens die land binnekom, is eintlik die skuld van die Demokrate.
Trump het Vrydag gewaarsku hy gaan nie die beleid om dié ouers en kinders van mekaar te skei herroep nie, tensy die Demokrate instem dat sy omvangryke planne om immigrasie te beheer – soos dat 'n muur tussen Amerika en Mexiko gebou word – aanvaar word.
Die Washington Post berig dat die beleid wat deur sy Republikeinse regering ingestel is volgens Trump eerder die skuld is van die Demokrate.
“Die Demokrate dwing die skeiding tussen gesinslede by die grens af met hul aaklige en wrede wetgewende agenda,” het Trump Vrydag getwiet.
Die huidige beleid om alle onwettige immigrante te vervolg, insluitend dié wat met hul kinders oor die grens kom, is die gevolg van 'n besluit wat die Amerikaanse direkteur-generaal, Jeff Sessions, in April ingestel het.
Sedert 'n hofbeslissing wat in 1997 geneem is, is onwettige immigrante wat hul kinders by hulle het nié aangehou nie, omdat bepaal is kinders mag nie aangehou word nie. Nou het amptenare van die Amerikaanse departement van justisie besluit die kinders moet apart en in isolasie aangehou word.
NBC News berig daar is tussen 19 April en 31 Mei 1 995 kinders van 1 940 volwassenes by die grens geskei. Die inligting is Vrydag deur amptenare van justisie bekend gemaak.
Dit is sowat 46 kinders per dag oor 'n tydperk van ses weke.
Die amptenare het beswaar gemaak teen sekere berigte in die media en gesê dat dit “oordrewe is”. 'n Berig dat 'n ma van haar baba wat sy borsvoed, geskei is, en dat die baba uit die ma se arms gegryp is, is glo onwaar.
Intussen berig die New York Times John Kelly, hoof van die Withuis, het gesê 'n afskrikmiddel is 'n groot rolspeler in die hantering van onwettige immigrasie.
Volgens Kelly sal die kinders in sorg geplaas word “of wat ook al”, maar die belangrike punt is dat die immigrante self besluit het om Amerika onwettig binne te kom. Daar word volgens hom ook gehoop dat die stelsel (om ouers en hul kinders te skei) nie vir baie lank gebruik sal word nie.
Volgens dié dagblad is daar tegnies gesproke geen beleid deur die Trump-administrasie dat onwettige immigrante van hul kinders of ouers geskei word nie.
Die beleid van geen verdraagsaamheid teenoor onwettige immigrante in Amerika beteken dat dié immigrante in hegtenis geneem word. Dit lei daartoe dat hul kinders nie enige versorgers by hulle het nie en dat hulle in sorg geplaas moet word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie