Immunisering van tieners skop af
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het begin met die inenting van kinders in die ouderdomsgroep 12 tot 17 jaar met die Pfizer-entstof. Ouers of voogde moet toestemming aan 12- tot 13-jariges verleen, terwyl tieners vanaf 14 tot 17 jaar self kan besluit. Die tweede dosis word 21 dae ná die eerste dosis toegedien.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie