Impak van die onderwyskrisis
BRANDON HAMMOND SKRYF: Sedert die vroegste eeue was onderwys en opvoeding feitlik uitsluitlik in die hande van die Kerk.
Die Kerk het byvoorbeeld grotendeels die inhoud van die kurrikulum bepaal. Namate die staat egter onderwys oorgeneem het, het die Kerk gaandeweg ’n al kleiner rol begin vertolk, veral in post-koloniale sekulêre state.
Tans beleef onderwys wêreldwyd ’n ernstige krisis. Namibië is geen uitsondering nie. Ons leerders word onder die swakste presteerders op die subkontinent gereken. Om die een of ander rede neem ons vir ’n geruime tyd al ook nie meer deel aan internasionale normtoetse wat ons leerders se geletterdheidsvlakke en syferkennis meet nie.
Wanneer ’n onderwysstelsel om welke rede ook al nie slaag nie, raak dit onvermydelik alle vlakke van die samelewing. Hoë uitvalsyfers dra onder meer by tot werkloosheid en misdaad. Voorts kwalifiseer nie alle leerders wat matrikuleer uiteindelik vir tersiêre studie nie.
Boonop heers daar toenemende onsekerheid oor hoe sosiaal afgerond en gereed vir die arbeidsmark diesulkes is. Die Kerk en meer spesifiek die plaaslike gemeente (oor alle denominasies heen) sal die impak van die heersende onderwyskrisis nie vryspring nie.
Al hoe minder kinders kan vlot lees – laat staan nog van met begrip lees. ’n Kind wat nie kan lees nie, kan ook nie Bybel lees nie – en dis die enigste boek waarin God homself aan die mensdom openbaar. Dit alles het verreikende gevolge vir die Kerk, sowel as vir sy sending-werksaamhede hier in die wêreld.
Hoe kan ons “sout van die aarde” en “lig van die wêreld” wees, as ons eie kinders self in die duisternis van onkunde en swak geletterdheidsvlakke sit?
Hoe gaan die Kerk en plaaslike gemeente dit hanteer? Wat verwag God van ons? Die groot opdrag (Matteus 28:19) vereis onder meer dat nasies geleer en onderrig moet word.
Die Namibiese Kerk het derhalwe ’n verantwoordelikheid teenoor die Namibiese volk. So ook die plaaslike parogie teenoor die plaaslike gemeenskap waarbinne hy fungeer. Op die ou einde moet die Kerk net soos wat Mordegai met Ester gedoen het, ook kinders voorberei “met die oog op ’n tyd soos hierdie” en sodoende van die wêreld ’n beter plek maak.
Is ons gereed daarvoor?
Lesers kan met my oor hierdie onderwerp in verbinding tree by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie