Impak van kodeïen-voorskrif ‘geweldig’
Die Medisynebeheerraad (NMRC) het geen oorweging geskenk aan diegene wat nie kan bekostig om 'n dokter vir elke hoofpyn te sien nie.
font face="Verdana" >
Henriette Lamprecht - Die impak van ‘n voorskrif vir medikasie wat kodeïen bevat, is vir die man op straat “geweldig”.
“Dit gee die indruk dat slegs dié met geld toegang tot gesondheidsorg moet hê.”
Volgens die president van die Aptekersvereniging van Namibië (PSN), mnr. Benjamin Khumalo, sal dít juis minderbevoorregte pasiënte straf, wat bejaardes insluit.
“Dít terwyl dit selfs meer onderhandelingsmag aan dié gee wat ons kies om dwelmhandelaars te noem, want dít is wat aptekers is wat misbruik toelaat – veral as hulle ongestraf bly,” het Khumalo gesê.
Hy het verwys na lande soos Nigerië, waar produkte verbied is wat kodeïen bevat, en deur die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) as voorbeeld gebruik is.
“Nigerië verbied strope wat kodeïen bevat en dit is gedoen ná konsultasie deur ‘n taakspan, wat gevorm is om inligting op voetsoolvlak te kry. Ons NMRC het egter geen oorweging geskenk aan dié wat nie ‘n dokter vir elke hoofpyn kan sien nie – iets waarvoor ‘n apteker opgelei is om te bepaal watter tipe hoofpyn of hoes die persoon het en watter medikasie hiervoor geskik is.”
Medikasie wat deur die voorskrifvereiste geraak word, sluit in Benylin (met kodeïen), Broncleer (met kodeïen), Adco-dol, Tensopyn en Syndol.
Volgens Khumalo is die aptekersbedryf as “sleutelaandeelhouers” in die saak nooit geraadpleeg nie en is versoeke vir konsultasie met die NMRC geweier.
Hy het beklemtoon aptekers is die beste opgelei om die hantering, stoor en gebruik van medisyne te hanteer.
“Sou die NMRC anders voel, is dit belangrik dat hulle die bedryf betrek en sê waar aptekers te kort skiet en nie net hul verantwoordelikhede wegvat omdat hulle dit kán doen nie.”
Volgens Khumalo het apteke stelsels in werking om die misbruik en wangebruik van medisyne danksy ‘n onderling gekoppelde rekenaarstelsel te reguleer.
“Dié wat misbruik moontlik maak, gaan nie afgeskrik word deur die skielike behoefte aan voorskrifte om dié medikasie te versprei nie. Hulle gaan eenvoudig voortgaan en kan moontlik pryse verhoog as ‘n ‘afslag’ vir kliënte wat andersins ‘n konsultasiefooi sou betaal, plus die koste van die medikasie.”
Volgens hom is dit “mense wat nog nooit in ‘n apteker se klaskamer was nie” wat nou “alleenlik op ‘n gevoel” vir aptekers vertel waarvoor en waarvoor hulle nie opgelei is nie.
“Die wetenskap om farmakologie in die diagnose en behandeling van sekere ongesteldhede te gebruik, is sentraal tot aptekers se opleiding. Die aanname dat ‘n apteker net medisyne kan uitgee, is blote onkunde.
“Wanneer ‘n apteker vir ‘n voorskrif vra, volg hulle bloot die wet soos bepaal deur die NMRC. Hy het geen ander keuse as om die medikasie te weier, sou jy nie ‘n in besit van ’n voorskrif wees nie.”
Khumalo het beklemtoon apteke verkoop nie net medisyne nie, hulle verskaf ook gesondheidsorg.
“Jy gaan altyd dié kry wat stelsels en produkte misbruik. Die idee is om hulle te isoleer en te straf – nie om almal te straf nie.”
Hy het beklemtoon die PSN ondersteun die beheer van alle medikasie, wat afhanklikheid kweek en medikasie met kodeïen insluit.
“Dit behoort egter gedoen te word nadat voldoende studies in Namibië uitgevoer is en daar sodoende Namibiese oplossings vir Namibiese probleme gevind kan word.”
Met verwysing na herhalings op voorskrifte sê Khumalo die vraag is hoe gaan aptekers weet pasiënte het nie meer as een van dié voorskrifte van verskillende dokters nie, omdat hulle nie van die begin af in die proses geken is om oplossings vir skuiwergate soos dié te bied nie.
Hy het voorts gesê pasiënte gaan steeds, soos voorheen, medikasie by apteke koop, maar moet nou ‘n konsultasiefooi van tussen N$350 en N$450 betaal voor hulle dieselfde produk kan kry.
Volgens hom word van aptekers vereis om ’n register van medikasie te hou om misbruik te reguleer.
“Vandag het ons dié registers op ons rekenaars, en ‘n voorstel is aan die NMRC gemaak om dieselfde stelsel uit te brei, wat deur mediese fondse gebruik word om misbruik deur pasiënte te reguleer, wat herhaaldelik vir dieselfde medikasie terugkom.”
Enigiemand wat nou medikasie sonder die vereiste voorskrif verkoop, staar ‘n boete van N$4 000, of ‘n jaar tronkstraf, of beide in die gesig.
Khumalo het gemaan die omvang van die probleem moet bepaal word, dié wat misbruik ondersteun, moet geïdentifiseer en gestraf word, en praktiese oplossings moet gevind word, wat werk sonder om dié wat dit nie misbruik nie, negatief te beïnvloed.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie